Paulus

Wie het hom gestuur?

André R Frylinck

■ Paulus erken het dat hy nie een van die twaalf apostels was nie.

■ Die boek Openbarings ken net twaalf Apostels en nie dertien nie.

■ Ten spyte daarvan dat hulle terselfdertyd in Jerusalem gewoon het, het ons Meester Hom nie met Paulus bemoei nie. Weet u waarom nie?

■ Die Nuwe Testament bevat twee teenstrydige evangelies, aangesien Paulus openlik erken het dat hy ʼn “ander evangelie” verkondig het.

■ Die Kerk het sy dogma en leringe hoofsaaklik op Paulus se leringe gegrond, nie op ons Messias se evangelie nie.

■ Paulus weerspreek sy eie leringe.

■ Paulus het gepoog om homself in die plek van ons Messias te stel.

■ Die feite wat daarop dui dat Paulus ʼn valse en self-aangestelde apostel was, is absoluut oorweldigend!

■ Die verwarring binne die Christendom, asook die godsdienstige twis-te in ons volk, hoofsaaklik na Paulus se leringe teruggevoer kan word!

Om kennis te neem van wat die Bybel van Paulus sê is van kardinale belang, en strek oneindig verder as net baie interessante leesstof. In erkenning daaraan dat daar nie iets soos ―toeval bestaan nie, is daar waarskynlik ʼn baie goeie rede waarom u nou hierdie boekie in u hande het. Lees dit asb. baie sorgvuldig!

Hierdie studiestuk is saamgestel sonder enige politieke of kerklike voorkeure. Vir sover dit menslik moontlik is, word daar gepoog om die Bybel se ware boodskap te verstaan en te gebruik. Die leser is vry om hieruit te put, maar word ook aangemoedig om die Bybel en verwante bronne self verder te bestudeer. Die menings wat hierin uitgespreek word weerspieël die insig en vertolking van die outeur, en is vanselfsprekend nie die enigste of ʼn onfeilbare vertolking nie. Geen benadeling van enige persoon, organisasie of instansie word hiermee beoog, of kan hieruit afgelei word nie.

Bybeltekste wat in hierdie skrywe aangehaal word is vooraf met die Hebreeuse of Griekse grondtekste vergelyk om die gebruik van foutief vertaalde tekste te verhoed. Die ouer en meer oorspronklike Aramese grondteks van die Nuwe Testament word ook geraadpleeg. Indien dit nodig is om ʼn teks in ooreenstemming met die grondteks aan te pas, word dit aan die leser uitgewys of word ʼn alternatiewe vertaling gebruik. Be-halwe waar dit anders aangedui word, word die 1953 Afrikaanse Ou Vertaling gebruik.

Wie in die leer van die Messias bly hy het die Vader sowel as die Seun

2 Joh 1:9 2

Kontakbesonderhede

A R Frylinck ePos: arf@vodamail.co.za

Posbus 191

Swartruggens Sel no: 076 689 9278

2835

Eerste druk: 17/12/2007. Hersien: 30/11/2010

Hierdie boekie is gratis beskikbaar in sy elektroniese vorm 3

Voorwoord

• As eertydse diaken en skriba in die N. G. Kerk het ek geglo en gedoen soos dit ʼn goeie lidmaat betaam, maar omdat alles nie vir my pluis gelyk het nie, het ek die Kerk se geskiedenis begin nagaan en op verstommende inligting begin afkom; inligting wat blykbaar sorgvuldig vir ons versteek word.

• Nadat ons Messias en sy apostels ons godsdiens in Jerusalem gevestig het, ontstaan daar in 47 nM ʼn nuwe godsdiens in Rome; die Vatikaankultus. Dit was basies die Romeine se gewildste son-godsdiens van daardie tyd (die Attiskultus), waarby Christelike leringe (waarskynlik van Paulus) gevoeg was. Hierdie nuwe godsdiens was vanselfsprekend in stryd met die suiwer evan-gelie van Jerusalem, tog was dit hierdie godsdiens wat Keiser Konstantyn in 321 en 325 nM, as die staatsgodsdiens gevestig het! Konstantyn het dus die godsdiens wat in Rome ontstaan het as die ―Christendom‖ gegrondves, nie die suiwer godsdiens wat die apostels in Jerusalem gevolg en geleer het nie!

Ons ware godsdiens het reeds in 385 nM verlore geraak toe Keiser Theo-dosius 1, by wyse van ʼn dekreet, slegs erkenning aan die Katolieke Christene gegee het, en die Christene wat die leringe van die apostels gevolg het, is as ketters vervolg en vermoor! Die Christendom van Jerusalem is vervang deur die Christendom van Rome! Ons huidige vorme van die Christendom het dus in Rome ontstaan, en indien ons nie begryp dat hierdie groep vanaf hul ontstaan ʼn vyandige en onbybelse godsdiens verteenwoordig nie, sal ons ook nooit begryp waarom die Roomse Kerk deur die eeue, die ware Chris-tene wreedaardig vervolg het wat nie ook die Roomse leringe wou volg nie.

Rome se aanslag teen die Bybel duur steeds voort deurdat dit stelselmatig aangepas word volgens húl leringe. Dit noodsaak die gebruik van die He-breeuse en Griekse grondtekste om die juistheid van tekste te kontroleer. Die Christelike godsdiens is nie ons ware godsdiens nie, en die tradisie om die Bybel met die Kerk te verbind, vra noukeurige herbesinning. Sonder dat ons dit besef, word ons predikers opgelei in ʼn geloofsleer wat in Rome ontstaan het, en wat in die plek van ons verlore godsdiens van Jerusalem maskeer.

• Met die deurlees van hierdie studiestukke, mag daar diegene wees wat met verbystering gaan sê; Al ons geleerdes en die totale Christendom kan tog nie almal oor al hierdie eeue verkeerd wees nie! Dit was waarskynlik ook die re-aksie wat Martin Luther te beurt geval het tydens die Hervorming. Met die ont-staan van die Hervormers, het Luther en andere sekere dwalinge van die Kerk in lyn gebring met die Bybel, en hét al die geleerdes en die Kerk dus tot op daardie stadium, reeds vir eeue gedwaal! Maar die Hervorming was nie naastenby volledig deurgevoer nie, en dui daarop dat die duisende de-nominasies binne die Christendom, stééds op die Kerk van Rome gegrond is. 4

Ek is nie bewus van ʼn godsdiens wat selfs net naastenby ooreenstem met die godsdiens wat die apostels in die eerste eeu gevolg het nie! Ons Mes-sias was nie die stigter van die huidige vorme van die Christendom nie, en Hy is ook nie ʼn Christen nie! Sou Hy vandag aarde toe kom, sal die totale Christendom Hom waarskynlik verwerp—vir Hom, wie hulle meen hulle volg!

• Omdat ons volk al verder van die Bybel afgewyk het, het ons in verkneg-ting verval. Daar bestaan wel inisiatiewe t.o.v. die herwinning van ons self-beskikking, maar ons huidige uitdaging is nie soseer om metodes te vind om uit ons verdrukking te kom nie, maar veel eerder om uit te vind waarom het Vader sy aangesig teen ons gerig. Vader beskik oor ons lotgevalle; ons heersers pas dit bloot toe! Hulle is tydelik in Vader se diens, en hulle sal daar bly totdat ons ophou om die fout by andere te soek. Die eerste stap tot die herwinning van ons vryheid, is nie om op te staan teen ons verdruk-king nie, maar om op te staan teen ons eie oortredinge! Sou ons terugkeer na sy weë, sal ons lot ―vanself‖ verander na ongekende vrede en voorspoed.

Ons is egter só deeglik vasgevang in misleiding, dat terwyl ons dink ons wandel in Vader se weë, is ons dikwels besig om Hom te tart en te vertoorn! Ons verontagsaam Vader se bevele omdat die Kerk ons vertel dat Jesjuwa se bloed die hele wet vervul het. Omdat ons ware geloofsleer met ʼn vervalste godsdiens vervang was, verontagsaam ons sommige van ons Meester se leringe, en volg ook leringe wat Hy nie geleer het nie! Daar wag op ons volk hier op die suidpunt van Afrika ʼn glorieryke toekoms, maar die oorblyfsel is diegene wat die talle leuens oorwin en daadwerklik terugkeer na sy Woord.

• Met hierdie reeks studiestukke stel ek my bevindings aan volksgenote be-skikbaar wat ook van mening is dat alles nie so pluis is in die Kerk nie. Daar is geen kopiereg op my skrywes nie, en mag vermeerder, en onder ons volks-genote versprei word, mits geen veranderings daaraan aangebring word nie.

• Hierdie soeke na waarheid is soos ʼn opwindende avontuur, want in Vader se Skepping is daar nie ʼn tekort aan kosbare waarhede om te ontdek nie! Totdat die ―ewige evangelie aan ons verkondig word (Opb 14:6), sal ons kleur-vol van mekaar verskil, aangesien elkeen van ons se ―waarheid‖ voortdu-rend verskuif namate ons geestelik groei en ons insig van die Bybel verdiep.

Name en woorde wat gebruik word

• In die Afrikaanse Bybels vind ons Name soos Here, God, Jesus, en Christus, maar hierdie titels en Name verteenwoordig nie die oorspronklike betekenis nie. Omdat Hulle oorspronklike Name nie gewysig kan word nie, plaas ek die oorspronklike Name terug soos dit ook in sommige ander Bybels aangetref word, bv. die 1889 Darby Bible en die World English Bible. 5

Vader se Naam kom op agt verskillende maniere in die Hebreeuse grond-teks voor, maar meestal (6665 kere) as; (van agter gelees; jod, hē, wāw, hē). Onder die jod en wāw vind ons die vokale; sewa en qāmec, wat bepaal hoe die letters uitgespreek moet word; dus Jehwāh. In Afrikaans word die Hebreeuse letter jod met ʼn J geskryf (soos Jerusalem), en nie met ʼn Y nie. Die meeste Bybelvertalers vertaal die Tetragram (JHWH) as; Here. Ek plaas die Tetragram terug in die tekste soos dit meestal in die grondteks voorkom.

Die woord God kom nie in die Bybel se grondtekste voor nie! Dit is buiten-dien ʼn leenwoord uit die Germaanse tale (gött) vir super-menslike wesens in die heidense mitologie. Ek verkies die woorde; Elohim, Vader, of Almagtige.

Ons Gesalfde was ʼn Hebreër en het beslis nie ʼn Griekse Naam, Iēsŏus (Jesus) ontvang, soos dit in die meeste Bybels voorkom nie! Die kissie waarin Jakobus (half-broer van Jesjuwa) se bene geberg was, is in 2002 in Israel ontdek. Die Aramese inskripsie daarop lui: “Jakob seun van Josef broer van Jesjuwa”. Hiervolgens is sy Naam, Jesjuwa, en word die ‘w’ nie uitgespreek nie. Net soos Vader se Naam, word dit met ʼn J geskryf.

Die woord Christus is die Griekse weergawe van die Hebreeuse woord, Mâshiag. Ek verkies die woord; Messias, of die letterlike vertaling; Gesalfde.

• Bybelvertalers gebruik meestal nie die oorspronklike name van Bybelfigure en die Bybelboeke nie, maar om verwarring te voorkom gebruik ek die name waarmee ons bekend is, en soos dit ook in die Afrikaanse Bybels voorkom.

• Die woord, Jood, het in gebruik gekom tydens die Judeërs se wegvoering in ballingskap, as beskrywing van al die volke wat op daardie stadium in Ju-dea gaan woon het, en verwys dus meestal na volke wat nie Judeërs is nie. Die Bybel verwys egter na Judeërs, nie na Jode nie! Die woord Jood kom nie in die eerste King James Version (vrygestel in 1611) voor nie, en die latere toevoeging daarvan, soos dit nou in byna alle Bybels voorkom (so ook in die akademiese wêreld), skep ʼn baie groot verwarring wat ek uitwys waar nodig.

• Woorde soos: Kerk, predikant, pastoor, prediker, ens. word in ʼn breë en algemene sin gebruik, en is nie op alle kerke en predikers van toepassing nie. Trouens, daar is kerke en predikers wat soortgelyke boodskappe uitdra.

My dank aan al die skrywers wie se kennis en insigte ek gebruik om my eie skrywes te verryk en te verlig. My dank gaan ook aan my sielsgenote, vir hul waardevolle voorstelle en taalversorging. My grootste dank en erkenning gaan aan ons Skepper vir die wonderlike voorreg om hierdie werk voltyds te 6 mag doen, asook vir die insigte dat ons op die vooraand staan van die beloofde en wonderbaarlike nuwe tydperk onder ons Koning se heerskappy!

Bladwyser

1 Inleiding 7

2 Agtergrond 10

3 Wie was Paulus? 15

4 Op pad na Damaskus en daarna 23

5 Het die apostels en hul volgelinge vir Paulus aanvaar? 25

6 Paulus se opleiding en missie 29

7 Teenstrydige en verwarrende leringe 32

8 Is die hele Bybel onder Goddelike inspirasie geskryf? 34

9 Het Jesjuwa na Paulus verwys? 38

10 Openbaring verwys ook nie na Paulus nie 45

11 Wat sê die Dooie See Rolle van Paulus? 48

12 Hét Paulus leuens vertel? 50

13 Hét Jesjuwa vir Paulus gestuur? 53

14 Ander skrywers 57

15 Valse leringe 59

16 Die ware boodskap 72

17 Algemene bespreking 78

18 Hoe raak Paulus ons vandag? 85

19 Die gevolge van Paulus se invloed 92

20 Waarom het Vader dit toegelaat? 96

21 Vir hoe lank sal hierdie misleiding nog so voortduur? 98

22 Opsomming 99

23 Slot 104 7

1 Inleiding

Daar mag lesers wees wat met ongeduld die doel en motief van hierdie studie sal bevraagteken, aangesien Paulus se pragtige leringe tog totaal bo verdenking staan. Dat Paulus deur ons Gesalfde as apostel aangestel was word ook in die Bybel beskryf, so waarom moet ons die Bybel bevraagteken? Ons gaan egter met hierdie studie tot op die been sny, en sien daar bestaan beslis gronde om te vermoed dat daar aan ons Bybel gepeuter was, en dat sekere gebeurtenisse anders voorgestel word as wat dit werklik gebeur het. Wanneer ons Paulus se herkoms en geskiedenis begin nagaan, kom daar ʼn totaal ander beeld van hom na vore as wat vandag van hom voorgehou word. ʼn Studie oor die geldigheid van Paulus se apostelskap lewer ver-rasende feite op; feite waarvan elke volksgenoot deeglik moet kennis neem.

Die doel en motief van hierdie studie moet nie in dieselfde lig gesien word as die hedendaagse pogings om die Bybel se geldigheid te bevraagteken of af te kraak nie, maar is eerder ʼn eerlike poging om die waarheid bloot te lê.

Die Kerk het nou wel Paulus se briewe as kanon verklaar en dit deel van die Bybel gemaak, maar is Paulus se leringe werklik in lyn met die res van die Bybel? Ek het onlangs tot die besef gekom dat die eerste Bybelstudie wat ons behoort te doen, is om seker te maak of Jesjuwa hom werklik gestuur het. Dit is belangrik om noukeurig na Paulus se uitsprake te kyk, asook wat die res van die Bybel van hom sê. Dit is egter ewe belangrik om daarop te let tot watter mate Vader en Seun oor hom swyg.

Ek nooi u om hierdie baie interessante studie saam met my te doen. Nie alleen gaan ons kyk of Paulus se leringe met die res van die Bybel vereenselwig kan word nie, maar ons gaan ook kyk na wat sy tydgenote van hom gesê het. Daarvoor raadpleeg ons antieke geskrifte wat uit die eerste eeu dateer—die geskrifte van Josephus, [1] die geskrifte van die Esseners, [2] asook die werk van ander Skrifnavorsers, geskiedkundiges, en skrywers.

[1] Vlavius Josephus, 37-100 nM, gebore in Jerusalem, en belangrikste geskiedskrywer van die eerste eeu. Sy omvattende geskrifte bied vandag uiters waardevolle inligting wat as agtergrond kan dien, tydens die ontstaan van die Nuwe-Testamentiese era.

[2] In 1947 het ʼn skaapwagter boekrolle, of fragmente van boekrolle in kleipotte naby die Dooie See gevind wat as die Dooie See Rolle bekend geword het. Hierdie boek-rolle is in Hebreeus en Aramees geskryf, en dateer terug na die tydperk voor die vernietiging van die tweede tempel in die jaar 70 nM. Die boekrolle (daar is later meer in aangrensende grotte gevind) bestaan uit bekende Bybelboeke, maar bevat ook 8 Geskrifte wat nie tevore aan ons bekend was nie. Veral van belang is die ―Damaskus Dokument‖, aangesien dit die doen en late van sleutelrolspelers ontbloot, asook belang-rike gebeure beskryf wat aan die begin van die Nuwe Testamentiese era afgespeel het.

■ Die eerste vraag wat mens kan vra is; waarom is daar géén vermelding in die Ou Testament van Paulus nie? Vandag is Paulus se leringe byna ál wat mens in kerke hoor. Hy het ʼn plek van status, gesag en gewildheid verwerf bo dié van ons ware Verlosser! Eintlik moet mens nie meer van Christene praat nie, maar van Paulene, want hy is verhef tot die sentrale figuur in die Christendom. In sommige kerke het die neiging ontstaan om die geldigheid van Vader en Seun se leringe te meet volgens Paulus se leringe.

Indien Paulus dan vir tweeduisend jaar die oorheersende rol in die Christen-dom moes kom speel, waarom het gééneen van die profete in die Ou Testament hierdie belangrike verwikkelinge voorspel of aangekondig nie? Die Christelike Kerk het hul dogma en leringe grootliks op Paulus se leringe gegrond, so waarom het Jesjuwa hom nie ook opgelei, of selfs net na hom verwys nie? Paulus was tog ook in Jerusalem toe Jesjuwa met sy onderwy-sing besig was. Ons Alwetende Vader sê in sy Woord:

• ―…nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.‖ (Jes 42:9).

• ―Want JHWH doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.‖ (Amos 3:7).

Maar, óf Vader het hierdie beloftes aan ons verbreek, óf Paulus was nooit deur Hom gestuur nie. Hiervolgens staan die geldigheid van Paulus se apostelskap alreeds sterk onder verdenking, want dit is natuurlik ondenk-baar dat Vader nie sy beloftes sal nakom nie.

■ Sou Vader of Seun van ons verwag om leringe aan te neem van iemand wat Hy nie openlik aan ons bekend gestel het nie? Boonop kon Paulus nie ʼn enkele getuie roep om die Damaskuspad-gebeure te bevestig nie! Ons het slégs Paulus se woord dat dit ooit plaasgevind het! Die Skrif leer ons:

• ―…op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ʼn saak van krag wees.‖ (Deut 19:15).

• ―En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.‖ (Joh 8:17).

Sou Vader of Seun van ons verwag om lering aan te neem van iemand wat boonop met vreemde en teenstrydige leringe te voorskyn kom, wat meestal direk in stryd staan met beide die Ou en Nuwe Testament? Dit mag vir meeste lesers heeltemal as ʼn verrassing kom, maar in hierdie studie gaan ons sien dat Paulus se leringe meestal nie met die res van die Bybel oor-9 eenstem nie! Ons kan dus nie vir Paulus volg, en gelyktydig gehoorsaam wees aan die leringe van Vader en Seun nie! Ons Meester het ons geleer:

―Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, [nie Paulus se woord nie] dit sal hom oordeel in die laaste dag.‖ (Joh 12:48).

Sou Vader of Seun van ons verwag om leringe aan te neem van iemand wat lank na sy ―bekering‖ erken dat hy nog steeds ʼn Fariseër is, terwyl Jesjuwa ons herhaaldelik opdrag gee om nie na die Fariseërs te luister nie? Jesjuwa beskryf die Fariseërs as plante wat Vader nie geplant het nie (Matt 15:13), en voeg by:

―Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ʼn blinde ʼn ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.‖ (Matt 15:14).

■ Van Jesjuwa se gesag lees ons in die Ou en Nuwe Testament:

• ―ʼn Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal JHWH jou Elohim vir jou verwek; na Hom moet julle luister… Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.‖ (Deut 18:15,18).

• ―En daar kom ʼn wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ʼn stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!‖ (Mar 9:7).

Hierdie woorde in die evangelie van Markus was neergeskryf (60-65 nM) ná-dat Paulus met sy apostelskap begin het, en hier is absoluut géén aandui-ding dat ons na iemand anders moet luister as na Jesjuwa nie! Waarom sou Jesjuwa die twaalf apostels oplei, en terwyl hulle nog besig was om sy evan-gelie uit te dra, nóg iemand stuur om nou weer ʼn ander evangelie te verkon-dig vir die grondlegging van ʼn nuwe godsdiens? Is dit nie ʼn bietjie verdag nie?

Die verskille tussen Jesjuwa en Paulus se leringe word dikwels uit kerkgele-dere toegeskryf aan wysigings aan Vader se verlossingsplan vir die mens-dom. Hierdie verduideliking is egter ewe verdag, aangesien nie Vader of Sy Seun van enige sodanige wysigings melding gemaak het nie, ook nie in Openbaring nie. Indien Jesjuwa ʼn fout gemaak het met die kies van sy apostels (wat natuurlik ondenkbaar is), [3] sou ons tog in Openbaring daar-van gelees het. Maar daar is niks, absoluut niks, wat moontlik die teenwoor-digheid van Paulus (as apostel) sou kon verduidelik nie!

■ Voordat Paulus begin vertel het dat hy nou ook ʼn apostel is, was Matthìas reeds in die plek van Judas Iskáriot aangestel. Die twaalf apostels was dus voltallig in die tyd van Paulus se apostelskap. Paulus was dus die dertiende apostel, maar nie Vader of Sy Seun se leringe ondersteun in die minste die bestaan van ʼn dertiende apostel nie! 10

________________________________________________________________________________

[3] Paulus skryf dat hy (nie die apostels nie), die fondament gelê het. ―…het ek soos ʼn bekwame boumeester die fondament gelê… (1 Kor 3:10).

Nadat Paulus gekom én gegaan het, ontvang ons die boek Openbaring, maar daar is steeds géén aanduiding dat Vader of Seun ʼn dertiende apostel aangestel het, of ʼn ander verlossingsplan inwerking gestel het nie. Inteen-deel, na alles wat Paulus gedoen het, bevestig Vader in Openbaring dat daar slegs twaalf apostels was! Indien nie Vader of Sy Seun enige erken-ning aan Paulus gegee het nie, wie het hom dan gestuur?

■ Wanneer mens ʼn studie van Paulus doen, word mens bewus van totaal teenstrydige inligting in die Bybel aangaande hom, en dat daar reeds in die eerste eeu ʼn doelgerigte poging aangewend was om in, hoofsaaklik Hande-linge, vir Paulus ʼn beeld te skep wat nie deel was van die werklikhede nie. [4]

Kom ons kyk nou noukeurig en met ʼn oop gemoed na die harde feite, en laat ons vasstel of Jesjuwa werklik vir Paulus gestuur het.

2 Agtergrond

As enkele skrywer oorheers Paulus se briewe die Nuwe testament, en het hy sy briewe aan die onderskeie gemeentes geskryf vóór die evangelies ter skrif gestel was. Die datums in die verskillende bronne wissel ietwat, maar dit blyk dat Paulus al sy briewe tussen 50-64 nM geskryf het. Die plek waar Paulus hom bevind het terwyl hy ses van sy briewe geskryf het, was in Rome.

■ As vertrekpunt is dit van die grootste belang om ʼn insig te hê van die godsdienstige onderstrominge wat in daardie tyd geheers het. Ons moet ver-staan wie het vir Jesjuwa teengestaan, en wie het vir Paulus teengestaan.

Die eerste-eeuse geskiedskrywer, Josephus, skryf dat daar in die tydperk voor en tydens die koms van Jesjuwa, drie godsdienstige groepe was:

―The followers of the first of whom are the Pharisees; of the second the Sadducees; and the third sect…are called Essens.‖

Uit die evangelies is dit duidelik dat die Fariseërs en Sadduseërs kop in een mus was. Hulle het probeer om Jesjuwa te versoek sodat hulle ʼn rede kon vind om Hom aan te kla. [5] Volgens Jesjuwa is die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs nie aanvaarbaar nie, en Hy het ons daarteen gewaarsku. [6]

____________________________________________________________________

[4] Die kerke is besig om hul geloofwaardigheid verder te verydel deur steeds voor te gee dat elke woord in die Bybel ―die Woord van God‖ is. Mens wonder na watter By-bel hulle verwys, aangesien daar reeds meer as ʼn honderd verskillende Bybels net in Engels bestaan, waarin dieselfde teks dikwels totaal verskillende betekenisse het! Wat-ter van hierdie magdom Bybels is nou veronderstel om ―die Woord van God‖ te wees? 11

Behalwe dat vertalers steeds voortgaan om foutief vertaalde Bybels die lig te laat sien, getuig selfs die grondtekste van foutiewe inligting, asook weglatings en byskrywing. Daar sou geen verwarring wees indien ons Bybels nie hierdie vervalsings bevat het nie.

Alhoewel die Fariseërs en Sadduseërs onderling ook van mekaar verskil het, was hulle bondgenote in hul poging om Jesjuwa dood te maak. [7] Daar was dus in die tyd van Jesjuwa, twee teenstrydige geloofsgroepe in Palestina; die Esseners aan die een kant, en die Fariseërs en Sadduseërs aan die ander kant. [8]

Daar word losweg in die nuwe testament van die volk (Grieks: laos) gepraat, soos bv. in Matt 27:25, maar ons moet besef dat die volk uit beide Judeërs en Jode bestaan het. [9] Die skare wat Jesjuwa gevolg het was hoofsaaklik Judeërs, en dit was hulle vir wie die Fariseërs en Sadduseërs bang was. [10] Die Fariseërs en Sadduseërs sou nie vir die skare bang gewees het indien die skare hul eie volgelinge was nie.

Wanneer ons in Handelinge lees dat die Israeliete vir Paulus uit die tempel gesleep het, moet ons mooi besef wie se volgelinge hierdie Israeliete was.

____________________________________________________________

[5] En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ʼn teken uit die hemel te laat sien. (Matt 16:1).

[6] Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. (Matt 16:12).

[7] En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader. (Matt 22:34).

[8] Hierdie was net die hoofrolspelers, maar daar was ook kleiner geloofsgroepe.

[9] Ek neem aan dat my waarskynlike lesers reeds bewus is van die verwarring wat ontstaan het deurdat al die rasse en volke wat op Israel se grondgebied gaan woon het nadat hulle in ballingskap weggevoer was, Jode genoem was. ―…die koning van Assirië uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel… (2 Kon 17:24). Omdat die tien stamme nog steeds in verstrooiing is (en ook nie besef wie hulle is nie), het hier ʼn ommeswaai in die identiteit van volke plaasgevind. Daar is ten minste drie Joodse navorsers wat ontken dat hulle voorvaders die Israeliete van die Bybel is!

Daar was verskeie gebeurtenisse wat veroorsaak het dat volke wat géén verbintenisse met die volk Israel gehad het nie, as Jode (bedoelende Judeërs of Israeliete) bekend geword het. Van hierdie ommeswaai in identiteit skryf Josephus: ―Hyrcanus took also [oorwin] Dora and Marissa, cities of Idumea, and subdued all the Idumeans; [Edomiete] and permitted them to stay in that country, if they would circumcise their genitals, and make use of the laws of the Jews; and they were so desirous of living in the country of their fore-fathers, that they submitted to the use of circumcision, and the rest of the Jewish ways of living; at which time therefore this befell them, that they were hereafter no other than Jews.‖ (Antiquities of the Jews, Complete Works of Josephus, p. 279). 12

[10] En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ʼn profeet gehou het. (Matt 21:45-46).

Dit was die Judese gedeelte van die volk wat Jesjuwa gevolg het. Joh 10:27:

• ―My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. [11]

Die Fariseërs en die Sadduseërs (en hul volgelinge) was duidelik nie deel van sy skape nie, want hulle was Hom vyandiggesind, en het Hom ―sonder oorsaak gehaat. (Joh 15:25). [12]

• ―…het die Jode [Judeërs] [13] van Asië hom in die tempel [Jerusalem] ge-sien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man [Paulus] wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig. (Hand 21:27-28).

Ons moet ook besef dat hierdie insident plaasgevind het etlike jare nádat Paulus beweer het dat hy bekeer het. Ons moet ook oplet dat hierdie insi-dent in die tempel gebeur het, nie in ʼn Joodse sinagoge nie. Niemand sou Paulus uit die Jode se sinagoge gesleep het nie. Die apostels en hulle volgelinge was in beheer van die tempel. [14] Die Israeliete wat vir Paulus uit die tempel gesleep het, was dus die apostels se volgelinge!

Die vraag is nou; waarom sou die apostels se volgelinge so teen Paulus optree indien hy veronderstel was om een van die apostels te wees? Onthou dit is na sy bekering‖. Ons lees ook nie dat ʼn enkele apostel vir Paulus te hulp gesnel het nadat die Israeliete vir Paulus uit die tempel gesleep het en probeer het ―om hom dood te maak nie! (Hand 21:27-31).

____________________________________________________________________

[11] Dat die Israeliete hom wel aangeneem het, is ʼn historiese feit (sien ook Joh 10:4 en 14), en staan oënskynlik in stryd met Joh 1:11 ―Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. (Joh 1:11. Ook Joh 5:43). Maar is albei stellings nie korrek nie? Die Israeliete van sy tyd hét Hom aangeneem, maar Jesjuwa het voorsien dat sy eie mense later van Hom vervreem gaan word. Na die vernietiging van die tempel in 70 nM het Paulus se leringe, en daarna die invloed van die Roomse Kerk, ʼn vervalste Christendom laat ontstaan. Diegene wat die Fariseër (Paulus) se leringe volg, is dus óók deel van Joh 1:11; sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

[12] Hierdie groep kan losweg as Jode bestempel word. Daar word beraam dat daar maar ongeveer 4% ware Judeërs onder die Jode is. Hedendaagse Jode wat begin om die Nuwe Testament aan te neem (Messiaanse Jode), is waarskynlik ware Judeërs.

[13] Die woord ―Judeërs‖ word in die Bybel met ―Jode vervang, asof dit dieselfde volk is! In die ouer Aramese grondteks lees dieselfde teks: ―…the Yah Hudaya [Jehudah] of Asiya… (The Aramaic New Covenant). Daar word van Judeërs gepraat, nie Jode nie! 13

[14] Tot op die stadium toe Jerusalem binnegeval, en die tempel vernietig was (70 nM), was die apostels en hul volgelinge in beheer van die tempel: ―It was natural that the initial centre of Christianity should be in Jerusalem. … They continued to use the temple as a place of worship… (K. S. Latourette, A History of Christianity. p. 65).

Die apostels het ook nie tussenbeide getree en hulle aan die kant van Pau-lus geskaar in die tye daarna toe die Israeliete hom aangekla het nie, en nog minder het hulle Paulus in die tempel teruggenooi. Hierdie verloop van die gebeure dui daarop dat Paulus nie deur die apostels as hul medewerker of as ʼn apostel aanvaar was nie, en dat hy nie in die tempel welkom was nie. Paulus was baie duidelik nie deel van die apostels se geloofsgroep nie!

■ Paulus se briewe tesame met Handelinge verteenwoordig vreemde leringe, en staan heeltemal in isolasie met die res van die Skrif. Alhoewel die evan-gelies net strek tot by Jesjuwa se opvaarding, was die evangelies geskryf nadat Paulus alreeds met sy sendingwerk begin het. Die evangelie van Johannes was (volgens bronne) in 98 nM geskryf, nadat Paulus reeds van die toneel verdwyn het. Sou mens nie verwag dat Johannes die groot verwikkelinge moes noem; dat Vader en Seun na die opvaarding van plan verander het, en met die stuur van ʼn dertiende apostel, die verouderde opleiding van die apostels vervang het nie? Maar die evangelie van die apostel Johannes gee, net soos die ander drie evangelies, absoluut géén erkenning aan Paulus nie!

■ Ons vind ʼn enkele uitsondering in 2 Pet 3:15-16, en hier sou Petrus na Paulus verwys as ―geliefde broeder‖. [15] Hierdie uitlating lyk baie verdag, aangesien Paulus teenstrydige leringe verkondig het, en Petrus dit beslis baie sterk sou veroordeel het. Daar sou baie eerder groot konflik tussen hulle gewees het, presies net soos Paulus dit self beskryf het:

―…toe Petrus in Antiochìë gekom het, het ek [Paulus] hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.‖ (Gal 1:11).

Die betrokke verse in 2 Petrus lees:

―En ag die lankmoedigheid van onse Elohim as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al sy briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, [16] tot hul eie verderf.‖ (2 Pet 3:15-16).

____________________________________________________________

[15] Ons lees in die Bybelse Ensiklopedie: ―Die eerste brief van Petrus is van ouds af in die Kerk aanvaar en algemeen gebruik. Daarenteë is van geen boek so dikwels be-weer dat dit nie in die Nuwe Testament behoort nie as 2 Petrus. Die gronde waarop dit beweer word, is baie; ons noem maar net ʼn paar: Petrus sou, volgens bestryders van die egtheid van die brief, nooit 2 Pet 3:15-16 kon geskryf het nie.‖ (Prof. Dr. W. H. Gis-14

pen en andere, Bybelse Ensiklopedie, bl. 392). Die tweede brief van Petrus kom nie in die Pesjitta (ʼn antieke Siriese Bybelvertaling) voor nie. Die Nuwe Testament is daarin bygevoeg (411-435 nM) deur biskop Rabula van Edessa. 2 Petrus (ook geskryf in ʼn an-der skryfstyl as 1 Petrus), se egtheid was klaarblyklik alreeds in die vyfde eeu betwyfel.

Behalwe vir Handelinge, [17] is hierdie tweede verse in 2 Petrus die enigste verbintenis tussen Paulus en die apostels. Om die indruk te skep dat Paulus deur die apostels aanvaar was, was ―die Kerk‖ van daardie tyd waarskynlik verplig om hierdie twee verse in te voeg om as ʼn brug te dien, anders sou die Bybel absoluut géén erkenning aan Paulus of aan sy briewe gegee het nie.

Indien ons aanvaar dat Petrus se tweede brief, of die betrokke twee verse, nie deur die apostel Petrus geskryf was nie, is daar géén geskrifte waar die ware apostels Paulus se naam gebruik nie! Dit is ʼn duidelike aanduiding dat daar nie die samewerking bestaan het soos wat dit in Handelinge beskryf word nie. Dit wil ook voorkom asof die twee tekste spesifiek geskryf was om aan ―geliefde broeder Paulus‖ ʼn geëerde plek te gee. Hierdie waarskynlike vervalsing dui ook daarop dat daar ʼn versteekte agenda bestaan t.o.v. Paulus.

Ons kan aanneem dat Paulus baie van die inligting in Handelinge ook aan Lukas gedikteer het, aangesien Lukas nie deurentyd saam met hom was nie. Inligting in Handelinge wat in konflik staan met Paulus se briewe was waar-skynlik later deur ander skrywers bygelas. Die slotsom hiervan bring ons by ʼn skrikwekkende realiteit: Indien niemand anders in die Bybel Paulus erken nie (behalwe Paulus se handlanger), beteken dit dat die enigste inligting in die Bybel wat ons van Paulus het, hoofsaaklik van Paulus self afkomstig is! Ons het dus hier te make met ʼn reisende een-man vertoning met ʼn marionet! ____________________________________________________________

[16] Die woord ―ander by ―die ander Skrifte, is vertaal uit die Griekse woord lŏipŏi (G3062), en beteken eerder ―remaining ones. Talle Bybels het dit korrek vertaal, bv. in die Analytical-Literal Translation staan daar: ―…as [they do] also the rest of [the] scriptures. Dit impliseer dat Petrus Paulus se briewe as deel van die Skrif aanvaar. Maar dit kon Petrus nie op daardie stadium geskryf het nie; Paulus se briewe was eers drie eeue later deur die Kerk as ―kanon‖ verklaar en tot die Skrif gevoeg! Daaraan het die Skrifvervalser wat die twee tekste op ʼn latere stadium verander het, nie gedink nie!

Ook in die tydvak na die opvaarding, was slégs die bestaande boeke (wat vandag as die Ou Testament bestempel word) as Skrif aanvaar, en sou die ware apostels nie kon droom dat hul briewe eendag deel van die Skrif sou uitmaak nie! Petrus sou dus nie kon skryf dat Paulus se briewe alreeds deel van die Skrif was nie. Die twee tekste wys hulself as vervalsings uit, omdat die Griekse woord lŏipŏi daarin voorkom! Die verandering van die twee tekste, moes dus gedoen gewees het op ʼn stadium nádat Paulus se briewe as Skrif aanvaar was.

[17] Uit sy navorsing in geskiedkundige bronne, skryf prof. David Smith in sy boek, The Life and Letters of Saint Paul, dat Lukas, Handelinge se skrywer, ʼn bekeerling van Pau-lus was wat hy in Antiochië ontmoet het. Lukas was nie een van die dissipels nie, en  het ook nie in hul geselskap gedeel nie. 5. In die hele Nuwe Testament kom Lukas se naam slegs drie kere voor (Kol 4:14, 2 Tim 4:11, Filem 1:24), en in al drie gevalle, is dit boonop nét Paulus wat na hom verwys! Ons het dus geen betroubare bevestiging dat die apostels vir Paulus óf sy handlanger as geestelike medewerkers aanvaar het nie!

3 Wie was Paulus?

Saulus van Tarsus se naam verander in Hand 13:7 sonder verduideliking, na Paulus. Hy was ʼn tentmaker van beroep, en het voor die gebeure op pad na Damaskus, Jesjuwa se volgelinge vervolg en in die tronk gestop, of laat doodmaak. ʼn Tydgenoot van Paulus, ene Onesiforus, het hom so beskryf:

―ʼn Man klein van gestalte, kaalhoofdig, met krom bene, ʼn goeie liggaam-like toestand, met wenkbroue dig verstrengel, en ʼn effense krom neus…

■ Maar wie was Paulus werklik? Hy laat ons verstaan dat hy ʼn Romein was:

―En die owerste oor ʼn duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy ʼn Romein is? En hy antwoord: Ja. Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerskap vir ʼn groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.‖ [18] (Hand 22:27-28).

Omdat Paulus sy sendingwerk ook in Rome gedoen het, kan dit die indruk skep dat hy die Romeine wou kersten, maar dit kan aangetoon word dat die briewe wat hy geskryf het, slegs aan Israeliete gerig was wat in Rome gewoon het. Die Romeine het geweet dat Israel se Skrifte en godsdiens, slégs aan Israeliete verkondig mag word, en dat hulle dit nie mag aanneem nie:

―…hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is. (Hand 16:21).

Indien Paulus ʼn gebore Romein was, was dit hom nie geoorloof om ʼn volgeling van Jesjuwa te wees nie, wat staan nog om die evangelie self te verkondig! Soos ons in Hand 21:28 [19] en in geskiedkundige bronne kan sien, [20] was die evangelie slégs aan Israeliete gebring! Lees ook Matt 15:22-28.

____________________________________________________________

[18] Het Paulus dalk sy Romeinse burgerskap verkry omdat hy of sy voorouers in ʼn landstreek gebore was wat onder Romeinse beheer was? Nee, indien dit so sou wees, sou almal wie in Judea gebore was, as Romeine bekend gestaan het.

[19] ―Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig. Let mooi op dat niemand behalwe Israeliete in die tempel toegelaat was nie! Dit verteenwoordig die Bybel se ware leringe: ―Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie… (Matt 7:6). Daarom is dit vandag só belangrik om te weet wie is Israel! Hierdie insident het afgespeel jare na die opvaarding, en getuig nie van ʼn ‘ander Raadsplan’ nie. Die lering dat alle volke en rasse gekersten moet word kom van Paulus, en is ʼn formule vir ons ondergang! Die gemeente wat Paulus in Anti-ochíë gestig het (Hand 13:1), verteenwoordig nie-Israel volke en rasse. Sien ook [71]. 16

[20] ʼn Navorser, K.S. Latourette, skryf: ―So far as we know, their numbers [van bekeerlinge] were recruited entirely from Jews. (A History of Christianity. p. 65). Daar word dikwels (verkeerdelik) van ―Jews gepraat wanneer Judeërs of Israeliete bedoel word.

■ Dan beweer Paulus dat hy:

―…ook ʼn Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin‖ is. (Rom 11:1).

Hoe is dit nou moontlik om ʼn Israeliet uit die stam van Benjamin te wees, en gelyktydig ook ʼn Romein ―deur geboorte‖? Die Romeine is nie afstammelinge van die twaalf seuns van Jakob/Israel nie, en kan dus beslis nie Israeliete wees nie! Die Israeliete en die Romeine is tog twee verskillende volke! (André – hier is jy verkeerd – die kern van die Romeine en die Grieke was ‘verheidense’ Israeliete – maar hulle het dit nie geweet nie. Die Messiah Self het telkens Sy toevlug na die Romeine geneem wanneer dit te ‘warm’ vir Hom geword het. Sien “Die Jeug van JaHWèshua” waar dit duidelik uitgespel word – callas!)

Die stam van Benjamin en Juda, staan saam as die huis van Juda bekend. In sy Galásiërs brief laat Paulus dit blyk dat hy nié van Benjamin afstam nie:

―sodat die seën van Abraham na die heidene [nie-Judeër] [21] kan kom in Jesjuwa die Messias, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.‖ (Gal 3:14).

Die tien stamme in verstrooiing het weens hul verstote toestand as nie-Judeërs bekend gestaan, en hier groepeer Paulus homself as ʼn ―nie-Judeër. Hiervolgens kon hy dus nié van die stam van Benjamin gewees het nie.

■ Maar Paulus sê dat hy ook ʼn Fariseër was:

―…ek is ʼn Fariseër, die seun van ʼn Fariseër. (Hand 23:6).

Alhoewel die woord ―Fariseër oënskynlik net op ʼn bepaalde geloofsleer dui, kan ons sien dat Fariseïsme nie aan die Israeliete gekoppel kan word nie, en dat dit ook nie hul geloofsleer was nie. Terwyl Jesjuwa met die Fariseërs (Joh 8:13) gepraat het, erken hulle dat hulle:

―…nog nooit vir iemand slawediens verrig het nie. (Joh 8:33).

Ons lees dat al twaalf stamme slawediens verrig het; so indien die Fariseërs dan erken dat hulle nog nooit slawediens verrig het nie, kan hulle eenvoudig nie Israeliete wees nie!

―Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. (Lev 25:55).

Die gedeelte van Juda wat na hul ballingskap na hul eie grondgebied teruggekeer het, kry vir die eerste keer met Fariseërs en hul sinagoges te doen wat gevestig geraak het terwyl hulle in ballingskap was. Die sinagoges:

____________________________________________________________ 17

[21] Hier beteken ―heiden‖ (verkeerdelik) die tien stamme. In die Aramese grondteks word die tien stamme deurgaans as ―gentiles‖ (nie-Judeërs) beskryf, en heidene as ―heathen‖. In die Griekse grondteks word verwarring gesaai deurdat die tien stamme sowel as heiden, as; eth‘-nos (G1484) geskryf word. Dit skep die indruk dat heidene ook gekersten moet word. Jesjuwa leer: ―Moenie gaan op pad na die heidene nie‖ (Matt 10:5).

―…most probably originated during the Babilonian Exile as an institution for public worship and instruction soon after the destruction of the Temple 586 B.C. (Encyclopaedia Britannica, 1963, Vol 21, p. 704).

Toe Jesjuwa met die Fariseërs gepraat het, het Hy duidelik gesê dat hulle nié Israeliete is nie:

―Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie… (Joh 10:26).

Die Fariseërs, met Kájafas as hul hoëpriester (Hand 26:57), was Jesjuwa se teenstanders en uiteindelike moordenaars. Nêrens lees ons dat Jesjuwa die Fariseërs onderrig of genees het nie. Hy het hulle vermy, en soms moes hy van hulle wegvlug (Joh 10:39-40; 11:53-54) omdat hulle van meet af vyandig gesind teenoor Hom was! Jesjuwa het van die Fariseërs gesê:

―Hulle het My sonder oorsaak gehaat. (Joh 15:25).

In die gelykenis van die landbouers wat die huisheer se Seun (Jesjuwa) doodgemaak het (Matt 21:33-46), identifiseer Jesjuwa dan ook die owerpriesters en die Fariseërs as sy toekomstige moordenaars:

―En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. (Matt 21:45). [22]

Ons kan beslis Paulus se woord aanvaar dat hy ʼn Fariseër was! Alhoewel die algemene siening bestaan dat diegene wat as Fariseërs en Sadduseërs bekend gestaan het, slegs ʼn bepaalde geloofsleer aangedui het, sê Jesjuwa dat hulle in werklikheid burgers van ʼn bepaalde volk was:

―Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag… En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (Mark 7:5-6).

Verder verbind Jesjuwa diegene wat die leer van die Fariseërs volg, aan ʼn bepaalde geslag of ras:

―Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onheil is. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van dié wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, 18. [Serpents! Offspring of vipers! LITV] [23] hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? (Matt 23:27, 31-33).

________________________________________________________________________________

[22] Dit was dus nie Israeliete wat vir sy dood verantwoordelik was soos dit meestal verkondig word nie. Deur die eeue het Jakob se geslag mekaar blameer vir sy dood, terwyl dit in werklikheid Esau/Edom se geslag was wat daarvoor verantwoordelik was.

Hier maak Jesjuwa vir ons die konneksie tussen Fariseërs en die sataniese genelyn waarvan ons in Gen 3:15 lees. Daar het Vader vyandskap ingestel tussen twee van die saadlyne wat op die aarde voorkom. Nou kan ons verstaan waarom die Fariseërs Jesjuwa ―sonder oorsaak gehaat het!

■ Kyk wat sê Jesjuwa nog van die Fariseërs:

• ―Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Laat hulle staan… (Matt 15:12-14).

• Jesjuwa verduidelik aan sy dissipels waarom Hy in gelykenisse praat:

―…sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.‖ (Matt 13:15).

Die Kerk se lering dat almal gekersten moet word, is hier algeheel in stryd met Jesjuwa se lering. Jesjuwa wou nie eens gehad het dat hulle hul moet bekeer nie!

____________________________________________________________

[23] Die woord ―addergeslag‖ is vanuit twee woorde in die Griekse grondteks vertaal. Die eerste woord ―adder‖, is die Griekse woord gĕnnēma (G1081), en beteken offspring. Die twee woorde wat na ―addergeslag‖ vertaal word, kan dus eerder vertaal word met: nageslag van adders, of selfs; genetiese nageslag van adders. In Opb 20:2 lees ons dat ―…die ou slang wat die duiwel en die Satan is… Net soos in Joh 8:44, verwys Jesjuwa in werklikheid na die Fariseërs as die genetiese nageslag van die duiwel!

Dat daar mense op aarde is wie die duiwel as vader het, word deur die Kerk ontken, want dit sal o.a. die valsheid van hul ‘liefde vir almal’ ideologie ontbloot. Die Kerk erken dat die vrou (Israel) ʼn saadlyn op aarde het, maar ontken dat die duiwel ook ʼn saadlyn op aarde kan hê, terwyl albei tog duidelik en gelyktydig genoem word: ―En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. (Gen 3:15).

Na die vloed het die duiwel weer sy saadlyn in Esau laat voortleef: ―Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr. (Gen 36:9). Terwyl Rebekka haar tweeling verwag het, was die twee ―broers reeds vyandig teenoor mekaar deurdat hulle teen mekaar gestoot het. Rebekka het gegaan om Vader JHWH daaroor te raadpleeg, en Hy antwoord haar: ―Two nations are in thy womb, and two manner of people shall be separated from thy bowels… (Gen 25:23, King James Version). 19. Nadat Eva deur die ‘slang’ besoedel was, is dit blykbaar moontlik dat hierdie twee saadlyne uit dieselfde ouers gebore kan word. Hierdie twee ‘broers’ was hoogwaarskynlik wel ʼn tweeling, maar net soos in die geval van Kain en Abel, het hulle verskillende saadlyne of rasse verteenwoordig. Deurdat die Kerk ontken dat die duiwel ook ʼn saadlyn op aarde het (dit is ook die algemene beskouing), word Jesjuwa tot leuenaar gemaak, want Hy het uitdruklik ʼn onderskeid gemaak tussen die twee saadlyne, deur byvoorbeeld aan die Fariseërs te sê: ―Julle het die duiwel as vader… (Joh 8:44).

• ―Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs. Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. (Matt 16:6, 12).

• Wanneer Jesjuwa vir die Fariseërs vra hoe sal hulle ―die oordeel van die hel ontvlug? (Matt 23:33) impliseer Hy ʼn ras wat nie bekeerbaar is nie.

• As iemand se geregtigheid nie meer is as dié van die Fariseërs is nie, hulle ―…nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. (Matt 5:20).

• Dat ―Esau, dit is Edom‖ (Gen 36:8) as ras deur Vader vernietig gaan word, kom verskeie kere in die Bybel voor:

―Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig. (Obadja 1:10).

Jesjuwa sê van die Fariseërs; ―Laat hulle staan- asook – hulle is plante wat sy ―hemelse Vader nie geplant het nie. Indien Jesjuwa sê die Fariseërs en Sadduseërs is die addergeslag, dan is die geloofsleer van die Fariseërs en Sadduseërs vanselfsprekend die godsdiens van die Edomiete!

■ Nadat die Israeliete vir Paulus aangekla het, het hy voor die Fariseërs en Sadduseërs verskyn. Sy lewe was in die hande van sy geesgenote, en hy roep toe in die Raad uit: ―Broeders, ek is ʼn Fariseër, die seun van ʼn Fari-seër. (Hand 23:6). Na Paulus se ‘bekering’  kon hy steeds niks anders wees as die nageslag van die duiwel, soos wat Jesjuwa die Fariseërs beskryf het in Matt 23:27, 31-33 nie. Dit word nou glashelder dat Paulus in werklikheid ʼn Edomiet was! [24] Dit verklaar natuurlik ook waarom Jesjuwa nie vir Paulus as apostel gekies, en hom opgelei het nie, ten spyte dat hulle terselfdertyd in Jerusalem was. Jesjuwa het natuurlik ook geweet dat Paulus ʼn Edomiet was!

Paulus het homself onherroeplik geïdentifiseer met sy uitspraak:

―Ek is ʼn Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, [25] streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet… [26] (Hand 22:3).

_____________________________________________________________________

[24] Dit verklaar waarom Paulus voor sy ‘bekering’ Jesjuwa se volgelinge vervolg en laat doodmaak het. (Hand 22:4-5). Ek weet van geen aanduidings in die Bybel, die Apokriewe boeke, of in die werke van geskiedskrywers van daardie tydperk, dat daar Israeliete was wat so ʼn haat teen Jesjuwa gehad het, dat hulle dit hul missie in die lewe sou maak om sy volgelinge (en mede-volksgenote) te gaan soek om hulle dood te maak, soos Paulus dit gedoen het nie. 20. Diegene wat Hom ―sonder oorsaak gehaat het, het hulself as die Sataniese genelyn geïdentifiseer! Daardie haat is deur Vader self ingestel in Gen 3:15, en geen ‘bekering’ kan sy verterende haat teen Jesjuwa weer omkeer nie! Tydens die inval van Jerusalem het sy haat teen die Israeliete weereens sigbaar geword.

Terwyl Paulus sy lyf apostel gehou het, was hy in werklikheid deurentyd ʼn Fariseër, die geloofsgroep wat Jesjuwa ―sonder rede gehaat het; Hom teengestaan het, en Hom later vermoor het! Weens die Talmoed se lasterlike beskouing van Jesjuwa en sy volk, is dit tog ondenkbaar dat Paulus ʼn Fariseër kon wees, en terselfdertyd ook ʼn ware navolger van Jesjuwa!

■ In ʼn Apokriewe boek, die Openbaring van Stéfanus, sien ons dat Pilatus geweier het om vir Stéfanus te verhoor, en dat dit toe niemand anders as Saulus (Paulus) was wat op die regterstoel geklim het om Stéfanus te verhoor nie. Maar Stéfanu