3.1  ‘N  UNIVERSUM  SONDER  SKEPPER  IS  WOORD–  EN  SINLOOS

[A]  DIE  intellektuele revolusie verstom telkens met bevindings en prestasies       wat tot ingrypende omwentelings op alle terreine van die samelewing uitkristaliseer.  Vandag se leefwyse en persepsies oor kwessies soos die skepping, natuurwette, atomika en die astronomie verskil letterlik astronomies van ‘n eeu gelede s’n.  En dis nog glad nie die einde nie, maar is blykbaar bestem om in die nie te verre toekoms nie, ‘n “bisarre hoogtepunt” te bereik (vgl. die AVT = 2.2; 2.3[C], asook 7.1[B,C,F]). 

        Daar moet maar aanvaar word dat sommige Bybelse persepsies oor die kosmologie en fisika eeue gelede al deur filosofiese pioniers soos Demokritus, Plato, Heraklitus, Aristoteles, Pythagoras, Copernikus en Galilei weerlê is.  ‘n Mens moet nie te geneig wees om hierdie wetenskaplikes se verbeeldingrykheid in die wind te slaan nie.  Die geskiedenis het telkens getoon só ‘n houding het die wind uit die kritici se seile neem.

        Sodoende is sir Isaac Newton se beroemde swaartekragwette gebore uit ‘n hipotese wat hy gevorm het toe hy ‘n appel uit ‘n boom sien val het.  In ‘n sekere sin moet die aarde ook na die appel toe val … het dit hom te binne geskiet.  ‘n Absurde verbeeldingsvlug wat die moderne astrofisika sou inlui.

        Voortvloeiend uit sulke verbeeldingrykheid en veronderstellings kon die mens ál meer ingrypende bevindings bereik – veral ook bevindings wat aan die hart van die moedervraag gesetel is:  hoe het alles begin!?  Dié eeue oue gewigtige, en kwasimetafisiese onderwerp word dan vandag baie indrukwekkenderwys deur die sg. “oer-” of “grootknal”-teorie verklaar – soos hiernaas beskou sal word.  Dit behels gegewens wat selfs, verrassend genoeg, 110% deur die Bybel onderskryf word!

        Dat die Here die skepping voortgebring, georden het en met Sy magswoord (Heb. 1:3 = AVT?) alles instand hou, is nie te betwyfel nie.  Maar dat die Here die aarde “gegrondves” het; met die implikasie van ‘n onbeweeglike tafelblad wat op pilare rus, kan mos nou onmoontlik nie letterlik opgeneem wil word nie.

        Gideon Joubert wys byvoorbeeld daarop, m.v.n. die voortgesette deurbrake en insig rondom dié kwessies, dat:  

“Toe die Eerste Wêreldoorlog losgebars het, het sterrekundiges nog geglo ons melkweg is die enigste in die heelal en dat dit al die sterre bevat. Tussen die sterre is hier en daar mistige wolkies opgemerk.

         “Hoewel [8 000] ‘wolkies’ noukeurig gekatalogiseer is, het sterrekundiges teen 1920 nog getwyfel of dit op die rand van die Melkweg lê en of dit buitekant is. Niemand het vermoed dat dit ontsaglike sterrestelsels [soos ons Melkweg – elk met dermiljoene] sterre is nie” (Beeld, 06/09/’98; eie toepassing).

[B]  DIE  “tegniese ontstaan” van die heelal behels ‘n bepaalde paradoks:              eendersyds  is haas klinklare bevindings van die “oorsprong” en die metode/resep, of die prosessering van alles bekom – rondom die grootknalteorie (GK).  Andersyds – te midde hierdie asemrowende insigte – bestaan daar steeds verstandsmokkelende raaiselagtighede.

        Die rubriekskrywer, Wilhelm Jordaan, sluit treffenderwys soos volg hierby aan:

“[Hedendaagse] gegewens en insigte uit die neofisika demonstreer dat akkurate kennis – selfs in die ideaalste omstandighede – nie bekom kan word nie; en dat ‘n onsekerheidsbeginsel onderliggend is aan alles wat is.

        “Saam daarmee kom die filosofiese deurwerkinge: onsekerheid word ‘n lewensgevoel wat sê die mens het geen vooruitsig om die aardse werklikheid of enige uiteindelike werklikheid, te beskryf en te begryp nie [AVT-sage = 2.2/3], want werklikheid is kortstondig, veeltallig, vloeibaar, onderliggend, gelade met uitstelbare betekenisse” (Beeld, ’98).

Ofskoon bepaal kan word hoe die heelal uit ‘n bestaande oer-entiteit gekonstrueer sou kon wees, behels die leemte in die huidige insig van die skeppingsproses dat daar nie begin gevisualiseer kan word waar dié oerentiteit vandaan kon kom nie.  Hier loop die menslike intellektuele en begripskapasiteit hom vas teen die gegewenheidniksheid” (alias: moedervraag).  Vir die mens kan daar nie iets (heelal) uit NIKS uit ontspring nie.  Dié kwessie behels dan ook die hart waar óm die AVT-sage spil (2.1[D]; 2.2[B]) – asook ‘n diaboliese beskouing soos wat Smolin huldig (hiernaas vermeld).

        Dit is dus op hierdie gegewe punt waar die begrip, “[S]kepper”, ter sprake kom – en dus tot ‘n groot mate waar die splitsing van twee ewighede vir elke siel geskied.  Te wete, ‘n keuse/wil/ geloof in:  óf (a) ‘n beskouing soos wat Smolin in 2.3[B] sou huldig – “throwing out the view that the universe was made by a god – some grand puppeteer or master weaver”; óf dat (b) “Alles het deur Hom [Christus] tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie” (1.4 i.d.v.; Joh. 1:1+; vgl. ook Skrif soos Rom. 1:18-25; Jes. 45:12; Kol. 1:15-20 ens).

        Dié kwessie vereis uiteindelik ‘n gewigtige verklaring soos wat Einstein, via Groping, dit sou stel:  die fisika onthul al meer gegewens en insigte – “…  that only faith can grasp”.  Hawking’s merk dan ook voorts hieroor op:  

“More than a few scientists think that the facts of the Big Bang, as they are slowly uncovered, could at the very least suggest the work of a creator or creative force. It may soon become evident that science will never be able to take us to the exact moment of creation – only up to that point where philosophy, metaphysics and theology begin.

         “Stephen Hawking has made a tentative foray into this uncertain area.‘The odds against a universe like ours emerging out of something like the Big Bang are enormous. I think there are clearly religious implications whenever you start to discuss the origins of the universe. But I think most scientists prefer to shy away from the religious side of it’” (p.100; toepaslike klem).

Alle gedagtegang rondom die skeppingsoorsprong, met inbegrip van evolusionisme, kan dus onteenseglik geensins dié punt omseil nie – naamlik dat ‘n skepping sonder ‘n Skepper, sonder sin is … dat daar nié só ‘n skepperlose skepping kán bestaan nie …! (NB: 1.1[A]). 

        … en dis nou maar die laaste woord hieroor …!

3.2  SPORE  VAN  “DIE BEGIN”  WEMEL  IN  DIE  HEMEL

         (DIE  KONSTANTE  EINSTEIN-FAKTOR)

[A]  DIE  breë Christendom vertolk Genesis 1 verkeerdelik as sou God gesê        het: “Wees geskep”!  Met ‘n gebaar van sy hand (abra ka dabra) – en whala– daar spring die aarde en heelal in plek, oombliklik, nes dit vandag daar uitsien.  Nee, God het dus ‘n proses van dermiljarde jare gevolg om die heelal – vir die kroon van die skepping – te formeer/konstrueer en in te rig.

        Om in dié verband ‘n aanduiding te gee waarom ‘n mens die Genesis-verhaal (soos die heelal in “6 dae”) nie sommer moet verletterlik nie, kan a.d.h.v. die volgende enkele gedagtes aangetoon word:

(a)    Sou God werklik op die derde “dag” die planteryk geskep het (1:12) … en daarná     eers, dag 4, die son (:14).  Hoe sou plante enigsins sonder die son(-lig) kon bestaan!?

(b)    Dr. Louw Alberts wys ook op die volgende:  “Waar het die lig en duisternis vandaan             gekom gedurende die eerste drie dae as die son eers tot stand gekom het op die       vierde dag?”

        Ja; inderdaad – waarom het God net bedags geskep … want:  (i) dit sou immers terselfdertyd, aan ‘n betrokke kant van die aarde dag gewees het; of (ii) sou God tot die dagkant “beperk” gewees het; en (iii) sodat Hy nie “in die donker kon sien” om te skep nie; of sou hy snags moet gerus/geslaap het …!?  (Dus: SES DAE …!?).

(c)    Dr. Alberts wys voorts op die ‘n baie aanvaarbare interpretasie rondom hierdie         sesdaagse  skeppingsdebat  n.a.v. die oorspronklike Hebreeuse manuskripte:  die woord asah, se wortelbetekenis is “om te doen”, maar kan, na gelang van elke konteks, ‘n verskeidenheid van werkwoorde verteenwoordig soos “toon, offer, voorberei, hou, verbind, werk” ens. Sodoende kan die volgende slotsom bereik word: 

        Die Here het die skeppingsgebeure aan die outeur van Genesis oor ‘n tydperk van “ses dae” (ja!) “getoon” of  “geopenbaar” (ja!). Dáárom – “was dit aand en dit was môre die volgende dag” – want die outeur! … moes rus/slaap … (pp.75-78).

(d)    In Genesis 1:27 skep God die mens – “… man EN vrou het Hy hulle geskep.”  Maar   in Genesis 2:18 verklaar Hy skielik“Dit is nie goed dat die mens ALLEEN is nie.”  Dus:  Gen. 1:27 sê God het man EN vrou op “EEN dag” gemaak, maar Gen. 2:18 verklaar weer dat die vrou ‘n onbepaalde tydperk ná die man gemaak is.

        Want volgens Gen. 2:1-17 is “Adam” reeds verskeie take opgedra en het hy dit as sodanig uitgevoer – en daarná eers … verskyn “Eva” op die toneel.  Hier is dus die kwessie ter sprake dat een dag vir God soos ‘n 1 000 jaar is (of soos tydloosheid).

 (e)   Op watter dag het die sondeval geskied?  Op die 7e – toe God “gerus” het en nie “op           Sy pos” was om dit te kon verhoed het nie?  Of op dag 10, of 10 jaar, of 1 000 jaar … of …!?  So as God op “dag 6” sê alles was “baie goed”, dan het God se volmaakte skepping sowat 24 uur op die meeste geduur …!?  Ens., ens.

Ja, die Bybel spel nie alles presies letterlik uit nie, nè.  Daarom is die “ses-DAAGSE” skepping óók nié presies letterlik nie.

        Immers; die heelal is steeds besig om “(voort-)geskep” te word – bedoelende;die heelal is nie stagnant nie, maar dinamies, “ekspansionerend(?)” en in ‘n voortdurende omvorming, verandering en beweging.  Dit is dan juis o.g.v. bepaalde beginsels betreffende hierdie dinamika (evolusie in dié sin) van die kosmos – wat reg voor die mens se oë vandag afspeel (m.b.v. die sterrewag en verwante ruimtetoerusting) – wat kosmoloë in staat stel om die  heelal terug te kan herlei/bereken en bepaalde afleidings en hipoteses oor sy “jeug-” en “geboortetoestand” te kan doen.

        Volgens die GK-teorie sou die ganse heelal dan ontspring het uit ‘n enkele, ultra-mikroskopiese “oerdeeltjie” – wat ‘n onbekende inhoudelikheid bevat het.  Dié “deeltjie” word ook bestempel as ‘n enkelheid – soos in 3.3[B], asook 3,4[C] verder bespreek word (verwant aan die AVT-epog; vgl. ook 2.2).  Dié teorie het sedertdien met enkele variasie-modelle swaarde gekruis (soos die sg. “borrel-heelalle”-teorie).  Die grondbegrip bly egter onveranderlik en onomstootlik (Bybelsgefundeerd! – soos later gesien sal word):  die heelal het as niks as ‘n denkbeeldige puntjie/enkelheid begin, en uitgeskiet tot sy huidige, voortgesette begryplose omvang.  En feitlik elke nuwe astronomiese ontdekking, onderstreep die geldigheid van hierdie beskouing.

[B]  TERWILLE  van die nodige agtergrond – en ten einde te verhoed dat ons die arme Copernikusse en Galilei’s, soos van ouds, wéér “brandstapel” toe stuur … omdat hulle die absolute feitlike waarheid vertel – sal dit dus raadsaam wees om ons van voldoende toeligting, betreffende die hele grootknal-kwessie, te vergewis … wat ook Bybelsgewys beaam sal word.

        John Barrow skryf soos volg hieroor:  Vóór Einstein se formulering van die algemene relatiwiteitsteorie, het die opvatting bestaan dat die beweging van alle hemelliggame, teenoor ‘n soort “statiese agtergrond” geskied.  Einstein se formulering van “dinamiese ruimte-tyd-vloei” het egter hierdie konsep van ‘n “begrensde heelal” omvergegooi. 

        Hawking’s sluit dan baie insiggewend soos volg hierby aan:

“Following experimental confirmation of general relativity, Einstein received much worldwide acclaim. He was received by kings; newspapers and magazines beat a path to his door for interviews; and popular books on general relativity sought to explain its secrets. There was also resistance to relativity. Some people refused to believe that a lone man using only mathematical hieroglyphics could redefine the entire universe.

        “He published a paper a year later in 1917 that, more than anything else, established modern cosmology – the study of the origin, history and shape of the universe. Its equations describe the geometry of space-time [] of all space-time – that is, for the universe from its beginning to its end” (pp.38,39).

Hawking vervolg:  die volle konsekwensies van Einstein se formules het egter ‘n drastiese teenstrydigheid opgelewer.  Die “probleem” was dat sy berekeninge daarop gedui het dat die heelal onstabiel, vloeibaar en/of dinamies van aard was – selfs dat dit in ‘n staat van “ekspansie” kan verkeer.  Kort daarna het die Nederlandse astronoom, Willem de Sitter (e.a), dié Einstein-formules as absoluut korrek geratifiseer.  Maar Einstein self was skepties oor die implikasies van sy eie breinkind:

“He wanted his equations to show the heavens as portrayed by most astronomers: stable and unchanging, isotropic – the same in all directions – and homogeneous – the same everywhere.”

        “Einstein found a rather odd way out. In order to make general relativity fit this model of the universe he altered his equations, adding a figure he called the cosmological constant, referring to it as a ‘slight modification’. One immediate problem with the cosmological constant was that general relativity was a theory so complete in itself that it did not need universal constants. So the ‘delta terms’, as they were called, were really unnecessary” (Hawking’s, p.39).

Ter toeligting van die meegaande – die volgende insiggewende artikel:

“Astronome wat die Hubble-ruimteteleskoop gebruik het om met die hulp van swaartekraglense lig van ‘n verre kwasar-ster op te vang, sê hulle het nuwe inligting gekry oor die pas waarteen die universum groter word.

        “Onlangs was astronome in die duister omdat sterreklosse in die universum ouer gemeet is as wat die universum self veronderstel was om te wees. Maar om die ou klosse binne die ontstaantyd van die universum te plaas, is dit noodsaaklik dat ons universum een met ‘n lae digtheid moet wees.

        “[Die GK] is in die moeilikheid as die universum een is met ‘n lae digtheid en een is wat stadiger uitsit as eers gereken is. Die oerknal sal dan net ‘herstel’ kan word deur ‘spesiale toestande’ te teoretiseer in die eerste fraksies van [‘n sekonde] van die oerknal, deur nuwe onsienbare vorme van materie te teoretiseer of deur ‘n teoretiese konstante kunsmatig in berekening te plaas – iets wat reeds deur Einstein gedoen is, maar later wyd verwerp was” (Beeld, Nov. ’98).

[C]  DIE  Russiese wetenskaplike, Alexander Friedman, vervolg Hawking, het      egter in 1922 a.d.h.v. Einstein se “ruimte-tyd-vloei”-beginsel, en met die weglating van die bg. “delta-faktor”, of “teoretiese konstante”, ook bevestig dat die ganse heelal dan in ‘n toestand van dinamiese verandering en beweging moet verkeer – hetsy uitdyend, óf inkrimpend van aard (die uitkoms van hierdie onsekere dualisiteit moet nog bepaal word = die “oop/geslote”-strydvraag – soos later besin word).  Friedman se interpretasievan Einstein se algemene relatiwiteit word as die grondslag vir hedendaagse kosmologie aanvaar.

        Einstein self het hierdie teorie vir ongeveer tien jaar opsy geskuif.  Terwyl hy egter vroeër aan die finalisering van sy teorieë gewerk het, het wetenskaplikes ál groter teleskope ontwerp soos die 100 duim-weerkaatsingteleskoop in 1917 by Mount Wilson in Kalifornië – waar Edwin Hubble, ‘n voormalige amateur bokskampioen, in 1919 begin werk het –

        (waarmee die verbysterende ontdekking gedoen is dat daar miljoene ánder galaksies, soos ons Melkweg, in die heelal is – Hawking’s). 

        Barrow skryf voorts hieroor:  sewe jaar ná die publikasie van Einstein se teorieë (1929), het Hubble, Friedman se interpretasie van die relatiwiteitsteorie bevestig by wyse van die bevinding dat die lig van sterrestelsels wat die aarde bereik, stelselmatig verskuif na die rooi kant van die kleurspektrum met ‘n faktor presies proporsioneel tot die snelheid waarmee die galaksies wegbeweeg van die aarde af.  Hoe verder die galaksies van aarde af is hoe vinniger die spoed waarmee hulle wegskiet.

        Hierdie verskynsel, met die kleurspektrum, word as die rooiverskuiwing (“redshift”), of  “Doppler-verskuiwing” bestempel (p.199).  Volgens hierdie, en ander verwante bevindings, is dan vasgestel dat alle sterrestelsels (galaksies) in die heelal teen ‘n hoë spoed al verder van mekaar af wegskiet en dat almal oorspronklik (weens die aard van universumvloei) noodwendig dan van ‘n ALGEHELE  SENTRALE  PUNT af moet begin beweeg het (of uitgedy het – amper soos wat kolle op ‘n ballon sal doen wanneer dit opgeblaas word).

        Die persepsie dat die heelal ‘n “absolute grens” (of statiese wand en omvang/volume) bevat, is ‘n finale nekslag toegedien toe die “eggo” – ook bestempel as die “agtergrond fosiel-radiasie” – van die GK in 1965 ontdek is. In dié verband is reeds in 1948 al deur die Amerikaners, Ralph Alpher en Robert Herman geredeneer dat as die GK-teorie waar is, moet daar iewers in die heelal ‘n bewys daarvan in die vorm van ‘n fosielradiasie bestaan (fosiliese gloed).  In 1965 het Arno Penzias en Robert Wilson per toeval hierdie kosmiese fosielradiasie waargeneem terwyl hulle besig was met die implementering van ‘n hoogs gevorderde radio-ontvangstoestel vir kommunikasie met satelliete (World Within, p.213).

        Hierdie oergloed is met moderne toerusting in 1992 veel beter geïdentifiseer, waaroor dr. Louw Alberts soos volg skryf:

“Waarnemings, tesame met die briljante eksperimentele en berekeningsprosedures afkomstig van die [Cosmic Background Explorer] het onteenseglik getoon dat die agtergrondstraling [oergloed] nie uniform is nie maar wolkerig; dit wil sê daar is variasies in digtheid. Hierdie resultate is bevestig deur [verdere] eksperimente. Die netto gevolgtrekking is dat die heelal van meet af aan, met sy geboorte, oor die struktuur soos vandag waargeneem, beskik het. Verdere metings deur middel van die Hubble teleskoop [], is besig om steeds meer en meer bevestigende getuienis te bied dat die oerknalmodel so na aan reg is as wat ons moontlik kan verwag” (pp.43,44; eie toepassing).

Barrow vervolg:  hierdie kosmiese ekspansie – soos dan deur Hubble se “red shift” vasgestel, en wat beskryf kan word met Einstein se ruimte-tyd-kurwe (en wat deur die “fosiliese gloed” beaam word) moet nie gesien word as ‘n ekspansie IN ‘n vooráfbestaande ruimte nie, maar as ‘n ekspansie VAN “on-bestaande” ruimte.

        Nog ‘n latere bevinding wat die GK-teorie – veral m.b.t. die fosielgloed – staaf, word soos volg in Hawking’s verwoord:

“Another finding of huge significance was the discovery that the element helium comprises about 25 per cent of the mass of all matter in the cosmos, the other 75 per cent being made up mostly of hydrogen. [George] Gamow’s calculations and later refinements had predicted that about one hundred seconds after singularity [ná die “oerdeeltjie” ontplof het] one quarter of all the protons and neutrons that had been created earlier should have changed into helium along with a small amount of deuterium. So it was a satisfactory finding for theorists, nearly as much as the discovery of the background radiation left over from the dense phase of the universe. These discoveries confirmed the work of theorists showing that the universe had its origin in an intensely hot explosion” (p.47).

Gedagte sit die chronologie van die skepping se prosessering – van zero-tyd af – in ‘n mikro-bondige vorm soos volg uiteen (ek vertolk deels):

Oerknal: Al die kragte (gravitasie, die sterk en swak wisselwerking en elektromagnetisme) is verenig. Dit is die tydperk van kwantumgravitasie en die superdraadteorie. Die heelal se deursnee is minder as 10 t.d. mag-50 cm.

        10 t.d. mag-34 sekonde: Gravitasie skei van die ander kragte. Die tydperk van die Groot Unifikasieteorie breek aan. Inflasie begin. Die gebied wat met die waarneembare heelal ooreenstem, dy tot nagenoeg die grootte van ‘n pomelo uit.

        10 t.d. mag-35 sekonde: Die sterk wisselwerking skei van elektromagnetisme en die swak wisselwerking. Die heelal bestaan uit ‘n hittige sop van elektrone en kwarke.

        Een sekonde: Elektromagnetisme en die swak wisselwerking skei. Kwarke verbind om protone te vorm, en protone en elektrone verbind om neutrone te vorm. Deur kernsintese ontstaan helium en ander [ligelemente].

        300 000-500 000 jaar: Die heelal word deursigtig. Materie stel straling vry wat onlangs as die kosmiese agtergrondstraling opspoorbaar word. Die onegalige verspreiding van hitte en deeltjies berei die toestand vir die volgende fase voor.

        Een miljoen jaar: Protogalaksies begin ontstaan, maar die meeste is steeds te ver om waargeneem te word.

        3 000 miljoen jaar: Dit is so ver soos bestaande instrumente vandag kan “sien”.  Kwasars en sommige radiogalaksies wat toe ontstaan het, is opspoorbaar.

        8 000 miljoen jaar: Die meeste galaksies, insluitend die Melkweg, ontstaan.

        13 000 miljoen jaar: Die son en die planete ontstaan. Lewe ontstaan op die aarde” (p.239)

          (terloops: die media berig in Jan. ’99 dat bewyse van ‘n oerbeskawing in Midrand van … 5 miljoen j. gelede gevind is!?).

Let dus wel:  die algemene redenasies, beginsels en bewyse van die GK is (nee: IS) ‘n realiteit, eg en onweerlegbaar – ‘n voldonge feit.  Die bewyse van dié teorie word voortdurend in, en deur die heelal gedemonstreer.   Die bewyse word in konstante aksie waargeneem … as ’t ware op heterdaad betrap, sodat geen mens nou hoef te sê:  “Nee bôg, die Bybel sê God het alles gemaak (met Sy hande ens), daar staan niks van ‘n ‘big bang’ in die Bybel nie” – en basta!

        Wel; dít sal iemand sê wat nie hulle Bybel lees nie – want die GK WORD … DEUR DIE BYBEL BEAAM …  God hét met ‘n GK-resep geskep – soos hiernaas a.d.h.v. profetiese implikasies, en die latere “oop/geslote”-strydvraag, verder besin en ge-Woord-staaf word.

3.3  ONS  BEGIN  –  OP  ‘N  PUNT  VAN  ORDE(-LOSE  NIKSHEID)

[A]  DIE  meegaande bespreking bring mens egter nou by die “bottom line” van    die moerdervraag.  Goed, die heelal het begin by die oerdeeltjie/enkelheid (2.2[B]) en die “GK”, maar dan:  waar kom dié oerdeeltjie in die eerste plek vandaan?  Dié kwessie – op dié punt – benadruk dit dan dat die skepping nie uit “niks” kan ontspring nie en dat die skepping (universum/kosmos) as sodanig dan onvermydelik ‘n Skepper (God) noodsaak! 

        Dit noodsaak dus die kwessie dat God die heelal moet ontwerp het, dit onderhou, asook … gaan beëindig – of, soos gesien sal word -dit gaan TOE-maak.  Dit sou meebring:  “Maar hier sê jy dan nes die Bybel sê; dat God geskep het.  Waar kom jy aan ‘n GK”?  Immers: 

“God het deur Hom [Christus] alles geskep wat in die hemel en op aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie …  Alles is deur Hom en vir Hom geksep. [] Hy is die oorsprong daarvan …  “ (Kol. 1:15-20).

Wel, die vraag is:  Is God dan nie by magte om by wyse van‘n GK(-teorie/-resep) te geskep het nie?  Want al die Bybels wat ek sover geraadpleeg het sê net:  God het geskep – nêrens in die Bybel word in detail beskryf HOE (met watter: proses/formule/handleiding) God geskep het nie.

        Die Skrif is tog ook baie eksplisiet oordie wyse waarop God die skepping begin het, egter – wanneer Hy oor sy skepping se einde praat!

        Die omstredenheid rondom dié betrokke kwessie van hoe geskep is, is dus deels die kleintjie, en onder die invloed van die “hoe LANK” God geskep het – wat verkeerdelik as letterlike ses dae verkondig word (vgl. 3.2[C]).  Want – byvoorbeeld – as God 6 000 jaar gelede in 6 dae geskep het – hoe verklaar jy dat die NAASTE sterrestelsel 2 MILJOEN ligjare van ons Melkwag af is … terwyl die verste een onmeetbare lig-millenniums ver is …!?

        Die Bybel gee straks nie ‘n regstreekse aanduiding van ‘n GK-teorie m.b.t. die oorsprong of “alfa-punt” nie, maar JESUS self gee feitlik ‘n regstreekse aanduiding van die omega-PUNT van ‘n GK-agtige heelal:  “[Ná] daardie verdrukking, sal die son verduister word en die maan sal nie skyn nie, die sterre sal uit die ruimte VAL en die kragte van die hemelruim sal ONTWRIG word” (Mark. 13:24,25).

        “[S]terre sal [] VAL” – dis nou nie die verskietende sterretjies wat in die nag gesien kan word as meteoriete in die aarde se atmosfeer uitbrand nie (‘n “ster” is egter ‘nding soos “ons son”).  Byvoorbeeld as ons aarde net effens nader aan ons naaste “ster” – die son – was, sou die aarde ‘n hittige, sulfatiese ashoop gewees het, amper iets soos Venus. 

        Voorts; volgens alle natuurwette – deur alle eeue en lig-millenniums heen – “val” iets net … na waar dit vandaan kom!  Nou as die Here sê sterre sal val – met ander woorde, op ‘n universeel-kosmiese skaal sal “DIE sterre … val” – dan is die doodgewone en onbetwisbare konsekwensie:  waarheen ANDERS sal hulle dan nou kan val, as presies na waar hulle vandaan kom … in die eerste plek …!?

        Dit impliseer eerstens dat die sterre(-stelsels) aanvanklik, met ‘n afstootkrag van ‘n bepaalde plek/punt af, na hul huidige posisies toe geskiet moes gewees het.

        Ja, want wat ánders kan ‘n mens in die prikkelkassie lees (Jes. 45:12) – as juis die veelbesproke “BIG BANG”:  “Ek het met my hande die hemel  OOP-GESPAN …”  Ag my hemel; dit sê mos nou presies wat dit sê:  DIE HEMEL (skepping) WAS EERS NIE “OOP(-gespan)” NIE … maar nou is dit.  Dus, God sê tog self hier (Jes. 45:12 – 15 miljard jaar ná die “oopspan”) die skepping was eers “TOE(-gespan)” – op ‘n bepaalde … oneindige klein PUNTJIE GEKONSENTREERD, en toe span Hy dit OOP (nee: toe knal Hy dit groot/oop).

        Met logiese terugwerking, verduidelik dié profetiese Skrif (ook Mark. 13:24,25 ens.) dus dat die heelal dan GK-gewys ontstaan het!

        Of dalk is die “laaste hoop” vir iemand, wat sukkel om langs dié weg tot die GK bekeer te word, die onvermydelike implikasies van die volgende Skrif:  “Al die hemelliggame sal wegsmelt; die hemel sal soos ‘n boekrol TOEGE-ROLword …” (Jes. 34:4; sien ook 13:10,11,13 en Joël. 2:31 ens).  Dit sê immers ook, vanselfsprekend, dat die “boekrol” (universum) EERS TOE WAS EN DUS IN ‘N STADIUM  OOP-GEROL (oopgespan/grootgeknal) moes gewees het … en dat God dit dus nou weer (Jes. 34:4) gaan TOE-rol/TOE-knal.

        Dit is dus so eenvoudig soos dit.  Volgens die volle implikasies van Jesaja 13:13, 34:4, 45:12 e.a. Skrif – oor die EIND-toestande van die heelal/skepping – is enigste slotsom:  dan móét die BEGIN-toestande ‘n oerdeeltjie en ‘n GK behels het (soos hiernaas verder ontvou).

        Ek staan dus ‘n beskouing voor dat GOD geskep het, en wel …  GK-gewys geskep het.  Daarenteen is die evolusie-verwante beskouings in hierdie kwessie nie net verdoemend omdat dit die Drie-enige God totaal uitsluit nie.  Evolusie is ook lynreg in stryd met ‘n sekere kritieke kosmiese wetmatigheid, nl. die “tweede wet van termodinamika”, of “entropié” wat in 3.4[B] breedvoerig bespreek word.

[B]  ALLE  aanduidings – Skrif- sowel as neo-astrofisiesgewys – wil dit dus hê dat die GK, of die skepping, uit ‘n ondenkbare digte klein oerdeeltjie, of denkbeeldige punt/plek sou ontspring het.  Desondanks redeneer sommiges dat die heelal nié sodanige begin- en/of middel-punt bevat nie.  Daar word geredeneer dat die heelal ‘n sfeer is, waarvan die omtrek nêrens is nie en die middelpunt oral is.

        Dis ook op dié punt dat die BK se vroeëre insigwekkendheid ter sprake kom:

“Both [Sidney Coleman, chairman of Harvard’s physics department, and one of the leading experts on the origin of the universe, M.I.T. physicist Alan Guth] told me, in separate interviews, that most physicists now agree that there is a fifth dimension, but that no one can yet define what it is. Both, however, stated an apparent paradox – that the fifth dimension is smaller than the nucleus of an atom, but that we, our whole universe, are inside it” (p.196).

Dié punt of oerdeeltjie van, as ’t ware “niksheid”, waaruit die heelal – met ‘n ondenkbare kosmiese ontploffing – voortgebring is, word ook gekoppel aan soortgelyke deeltjies of punte genaamd ‘n “enkelheid” (“singularity” – wat ook met sg. “swart kolke” of “black holes” vereenselwig word), wat al meer deur astrofisici in die heelal waargeneem word.

        Heel insiggewend bied Hawking’s onder meer die volgende aan – betreffende die vermelde Friedman-toepassing van Eintstein se algemene relatiwiteitsteorie:

“… that was not taken too seriously at the time was that this solution indicated there was a singular epoch in the past in which al the matter of the universe was concentrated into a single point. [] This is the point known as ‘singularity’. Most people felt at the time that conditions in the real universe could never have been so extreme” (p.42).

        “It took a brilliant mathematical tour de force from [Roger] Penrose to show that an endlessly collapsing star was not simply a theoretical plaything, and that it would end as a real, a physical, singularity. Penrose showed that space and time can come to a physical, rather than a merely metaphorical, end” (p.44).

        “Interest in black holes had been greatly spurred two years before, in 1968, with the discovery of rapidly pulsing cosmic radio sources. After some initial confusion among astrophysicists these were generally interpreted as being caused by rapidly rotating neutron stars, objects with a mass about the same as the sun, but with a radius of no more than ten miles.

        “They were being called ‘pulsars’, and seemed to confirm the existence of neutron stars, collapsed stars composed almost wholly of neutrons packed as densely as in an atomic nucleus and thus so heavy that a cupful would weigh tons. A neutron star is not a black hole, merely a way station en route to a black hole (p.60).

Gedagte vul die bg. gegewens baie insiggewend aan met die volgende spokerige gedagtes rondom die begrip van ‘n swartkolk/enkelheid:

“[Dit is bekend dat] ‘n massiewe ster teen die einde van sy onstuimige lewe in ‘n laaste stuiptrekking ontplof sodat net ‘n kleinerige neutronkern met ‘n ontsettende massa en digtheid oorbly. As daardie oorblyfsel se massa meer as 2,5 sonmassas is, is die swaartekrag wat dit inmekaardruk só geweldig dat daar in die ganse heelal geen materie bestaan wat [teen dié swaartekrag] bestand is nie. Wat nóg van die ster se atome oorgebly het, word ook vermorsel. Die atoomkerne, en daarmee die ster se reste, stort met onbeskryflike geweld inmekaar.

        “Die ster gaan die kake van die dood binne. Hy word rooier, verdonker tot dit swart is, en behou oënskynlik sy kritieke grootte. Die ster lyk of hy vir altyd in ‘n toestand van instorting gevries is” (pp.154-165; impliserende klem en toepassing).

In hoe verre sou die lg. beklemtoonde frase die ekwivalent wees van Skrif soos:  “En as ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker …” (Eseg. 32:7; OV).  Gedagte vervolg:

“In ‘n swartkolk is daar oneindige druk, oneindige digtheid, en oneindige ombuiging van ruimtetyd.

        {vgl. Judas: 13 – in hoe verre hou hierdie gegewens verband met die implikasies in 3.4[E](A,B)}. 

        “Tydens die Oerknal sou alles egter in die teenoorgestelde volgorde plaasgevind het. Hier het alles by ‘n niksheid begin wat oopgebars en die ganse heelal tot gevolg gehad het.

        “Hoe lyk materie in ‘n toestand van ‘n enkelheid? Niemand weet nie. En ruimtetyd?  ‘n Onherkenbare, deurmekaar-gekarringde chaos (pp.154-165).

        “Dit is te verstane dat daar mense is wat begin wonder het of die heelal nie uit ‘n ‘witkolk’ ontstaan het nie, wat eintlik die ander kant van ‘n swartkolk was wat uit ‘n ander heelal gekom het. So kon die Oerknal ontstaan het – materie wat deur swartkolke in ‘n ander heelal ingesuig is en deur die Oerknal in ons nuwe heelal uitgespoeg is” (p.161).

3.4  DIE  GEBALANSEERDE  HEELAL  EN  DIE  GROOT  WAARNEMER

        (EVOLUSIKA  EN  ENTROPIÉ  IN  BOTSING) 

[A]  DIE  hele aard van die GK leen hom dus sterk uit ter ondersteuning van die

        evolusieteorie.   Die “sterkman” van evolusie is juis ‘n vername hefboom/ meganisme wat die “vader van die leuen” in “die laaste tyd” gaan inspan om sý koninkryk op aarde te laat kom – alvorens die Koning van konings Satanse ryk met die asem van Sy mond (of bloot Sy ontbolte teenwoordigheid) sal verdelg.

        Daar word heelwat bespiegel oor die bestaan van lewensvorme elders in die heelal – as uitvloeisel/nasleepsel van die evolusiegod.  In dié verband, byvoorbeeld, is Mars-meteoriete gevind waarin skynbaar spore van plantaardige fosielneerslag gevind is.  Of dit so is, kan nie onomwonde bevestig word nie.  Maar om die evolusie-teologie te bekragtig, sal iemand egter altyd sy sin wil kry – selfs al beteken dit ook om bloed uit ‘n klip te tap!  (Sataniese manipulasie van navorsing/bevindings; vgl. ook die “plant”-beginsel i.d.v. – 7.4[A]).

        Die Special Time-tydskrif (1997/8) verklaar – rondom die ontdekking van waarskynlik waterdraende planete – dat die ontdekking van selgs eensellige organismes/bakterie op enige planeet, reeds genoeg is om te impliseer dat lewe natuurlikerwys, spontaan, evolusionisties en/of per ongeluk ontstaan.

        Inmiddels, juis in die lig van dié bg. Time-artikel se bespiegeling oor lewe elders in die heelal, berig Beeld ook (14/04/’97)“Lewe op Europa lyk na ‘n sterk moontlikheid; Wetenskaplikes bestudeer Jupiter-maan. [Dié] maan word tans bestudeer nadat die satelliet Galileo verlede jaar by Jupiter aangekom en verskeie foto’s en inligting oor Europa terug aarde toe gestuur het.”  Fotobyskrif: “Wetenskaplikes glo daar is lewe in die water onder die ys.”

        ‘n Hoogs opspraakwekkende artikel i.d.v. in die Beeld (06/09/’98) lui:

“Die mensdom gaan binne die volgende twintig jaar geskud word deur die besef dat hy nie alleen in die heelal is nie omdat lewe elders ontdek sal word, het die paleontropoloog dr. Richard Leaky onlangs gesê. Die gerieflike ‘mat van God se wil’ gaan onder die mens uitgepluk word. ‘Die ontdekking van lewe elders … is al wat nodig is om die godsdienstige idee dat die heelal vir ons gemaak en dat ons na God se beeld geskape is, die nek in te slaan.” 

        (Wat vir my ewe opspraakwekkend is, is dat ek en dr. Leaky, ondanks ons totaal uiteenlopende perspektiewe, albei die spertyd vir hierdie scenario op 20 jaar – ongeveer 2019 stel!?; die geïmpliseerde ET-epog [as die eindproduk van evolusika] word in hfst. 7 in oënskou geneem).

Sodoende word die skepping aan haas enige denkbare entiteit, verskynsel, proses, wetmatigheid en welke mistetika (“cosmic mind-genetics” ens.) toegedig – behalwe aan die ware, enigste Godheid en Skepper.  En dit is immers presies die kernmotief van hierdie hele New Age-sage met sy evolusika, postmoderniese, kwantummaniese en gepaardgaande wysheidsokkultiek:  om die enigste Skepper en God met pseudo-intellektika; met die Genensis 3:5-klug, weg te beWYS.

[B]  ‘N BAIE  kritieke en bepalende faktor wat die waterskeiding bevat tussen       “(neo-) evolusionisme” – aldan nié – is die teorie, of die wetmatigheid/beginsel van die 2de wet van thermodynamics (entropié/chaosbeginsel).  Die bg. Time-tydskrif meld dat die 2de wet van termodinamika bepaal dat die heelal in ‘n toestand van algehele chaos sal verval (die fisika/kosmos neig na chaos).  En hier moet die ontsettende kritieke kwessie van die tweeledige interpretasie van Einstein se algemene relatiwiteitsteorie in berekening gebring word.  Te wete, dat die een interpretasie van dié teorie op ‘n toevallende kosmiese kataklisme dui – soos reeds in 3.3 aangedui is a.d.h.v. die onbetwisbare implikasies van sekere eindtydprofesieë (die ander Einstein-interpretasie is ‘n ewig-uitduiende, of oop-heelal). 

        Die vermelde Time-artikel gee egter voorkeur aan die beskouing – wat in “die laaste tyd” al meer aanhang geniet – naamlik dat die heelal/kosmos nooit sal terugval, of sal verweer of vergaan nie, maar na al hoër, ordelike, gesofistikeerde (en … na AL MEER SPIRITUELE) toestande en lewe sal ontwikkel/evolusioneer (eie toepaslike hakkies).

        Ter aansluiting by hierdie geskil, wys Hawking – waarskynlik die toonaangewendste teoretiese fisikus van ons tyd – egter op talle kritieke aspekte wat eerstens die evolusika nek omdraai en wat tweedens die entropié- of chaosbeginsel onderskryf.  Hy benadruk voorts dat as vele faktore, parameters en kriteriums in die ontwikkeling van die heelal met slegs die nietigste hoeveelheid sou verskil het, die heelal dan in ‘n totale katestrofe sou ontaard het.  Daarom is die kosmos, soos dit is, oneindig verstommend.  Sulke goddelike, komplekse verfyndheid kan nié per abuis, of vanself geskied nie. 

        Maar dan is daar ook nog die alomteenwoordige …

“… matter of entropy [chaosbeginsel]. This measure of perpetually increasing decay and chaos is controlled by the second law of thermodynamics, which declares that any change in the universe will lead to a slightly more disorderly place. Entropy always goes up. Order always goes down. Evidence of this universal tendency towards disintegration is everywhere” (p.102).

        “The notion of entropy … declares that the amount of energy available to perform a physical task must always decrease. Entropy is the word that defines this gradual ‘inutility’ of energy as it is transformed from one type to another, say, from electricity to heat” (p.64; kontekstuele klem).

Om die kwessie betreffende die neo-evolusionisme en ‘n spiritistiese utopia, teenoor die vermelde Bybelse begrippe – van ‘n naderende kosmiese apokalips, nader toe te lig – die treffende uitgangspunt van prof. David Block –

          (dit moet net benadruk word dat entropié nie noodwendig met die “groot inploffing” [“geslote heelal”] verbind moet word nie, albei hou egter verband met die vernietiging van die kosmos):

“If we say that a primordial chaos prevailed at the big bang, why did order ever arise out of such chaos?  This is a very subtle but profound point. For, according to the second law of Thermodynamics, disorder (entropy) has an overwhelmingly large probability to increase.

        “This natural tendency toward disintegration and chaos is evident all around us: stars burn out, cars rust, mountains erode and people grow old. Where order apparently increases it is always at the expense of greater disorder elsewhere. The complex design of the simplest leaf is at the expense of vast explosions within our sun. We observe on earth localised order; overall the universe is running down.

        “We are presented with a curious question: if information and order have a natural tendency to disappear, where did all the precise information that makes the universe such a special place come from originally? Chaos initially should systematically lead to even grater chaos (p.28; kontekstuele klem).

[C]  HIERDIE  Bybelse gedagte van ‘n “geslote heelal” – dat die heelal NIE na ‘n    hoër orde gaan evolusioneer en vir ewig uitdei nie, maar inderdaad totaal gaan disintegreer (ontwrig/brand/wegsmelt/toe rol/toe VAL/verdwyn), word natuurlik ook in die volgende welbekende Skrif vervat:  

(A)   “[Die] skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid…”           (Rom. 12:21/2);

(B)   “Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met   gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die       werke wat daarop is, sal verbrand … “ (2Pet. 3:10-13); 

(C)   Openbaring 20:11:  “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor            wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug  het; en daar is geen plek vir         hulle gevind nie (B/C uit Bybel Met Verklarende Aantekeninge; 1958).

(D)   “Ek sal die hemel skud, die aarde sal uit sy plek uit geruk word” (Jes. 13:13); 

(E)   “En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word INMEKAAR gerol       soos ‘n boek en al sy leërskare val af soos ‘n blad van die wingerdstok afval en soos          vye afval van die vyeboom” (Jes. 34:4 – O/NV).

        Dit is nog buiten die alombekende:  “… hemel en die aarde sal VERGAAN, maar my woorde nooit” (Mark. 13:31), ens …

Dieselfde boodskap/begrip – dat die uiteinde van die GK ‘n “inploffing” of “toe rol/toe val” van die kosmos moet wees – word deur die outeur van die Hereërs-brief gehuldig:  “[U], o Here, het [] die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; [] en soos ‘n mantel sal U hulle TOE-ROL” (Heb. 1:10-12; OV).

        Gods Woord sê dus sy skepping gaan ten slotte toeval/toevou; ineenkrimp, tot dit eintlik in ‘n “geen plek” in sal verdwyn (vgl. ook Op. 21:1; Jes. 34:4 ens).  Dit alles dui dus op ‘n gegewenheid/toestand – TEENOORGESTELD van hoe dit NOODWENDIG dan moet begin het … by ‘n “geen plek”/oerdeeltjie, en dan “opblasend/uitduiend” … GROOTKNALLEND!

        Hierdie “toemaak van die heelal”-begrip in die Bybel – wat DUS na die uiteinde van die GK verwys – word in die moderne kosmologie, en a.d.h.v. Einstein se algemene relatiwiteit, as ‘n geslote heelal of die groot inploffing (“big crunch”) bestempel.

        Gods Woord veklaar dus onomstootlik dat die aarde en hemel ‘n totale vernietiging tegemoetgaan … wat op ‘n bepaalde(brand)PUNTgaan neerkom (waar, en soos dit begin het!). 

        Hierdie onomstootlike beginsel, en bestemings-punt van die hemele, blyk bv. ook duidelik uit dié “weggevlug” in bg. (C) – wat die onvermydelike implikasie verg vanWAARNA TÓÉ (wegvlug)!?  Daar word tog normaalweg na ‘n bepaalde plek/punt toe … gevlug.  Waarop die betrokke bron die volgende toeligting aanbied:  “Deur die magswerkinge van God word die skepping wel nie aan ewige straf onderwerp soos die Satan nie, maar gaan dit as ’t ware ‘n dood in, om dan weer as ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te verskyn (kontekstuele klem = “big crunch”; 3.3[B]; Eseg. 32:7 – OV). 

        En dan is die verdere insiggewendheid, in die lig van die meegaande tema, natuurlik die lg. bron, se verklaring van 2Petrus 3:10-13:  “[Die] Griekse woord [vir ‘gedruis’] dui die geluid aan soos die gedreun van vlamme, of die snorrende geluid van ‘n vliegende pyl” (toepaslike klem).  Te wete; ‘n “pyl” … pyl gewoon tog maar op ‘n bepaalde punt (teiken/kol) af … nie waar nie!?

        (‘n Disintegrerende – of INPLOFFENDE heelal soos uit bg. Skrif gestaaf word, strook dan ook met die vermelde “geslote opsie” van Friedman se interpretasie van Einstein se algemene relatiwiteitsteorie).

        Alhoewel; talle astrofisici soos Block, asook die teologiese kommentator en fisikus, Gerald Schroeder, staan egter nou weer die opponerende beskouing voor – van ‘n GK met oop heelal-formaat.  Hiervolgens verkeer die heelal dan in ‘n eindelose, ekspansie – wat Schroeder o.m. op die volgende gronde fundeer:  

“It is written in Psalms 148:4-6, ‘Let them praise the name of God, for He commanded and they were created.  And He established them for ever and ever; He gave a law and it will not be transgressed.’ Based on these verses, the sages have said that the universe can exist forever. But if its destruction is to come, this will not be as a natural act. It will be as a special force from God just as was its creation” (Genesis & BB, p.81; kontekstuele klem). 

‘n Baie toepaslike artikel in hierdie verband (een van ‘n hele aantal in sy soort), lui soos volg:

“Universe will end up cold and dark; SYDNEY. – An international team of astronomers has discovered that the universe will go on expanding forever and not end in a spectacular explosion as many scientists believe. The Australian, British, and Chinese astronomers have concluded that eternity will be cold and dark because stars will eventually use up their nuclear fuel …

        “But the scientists … said: ‘We need not worry … for a long time.’ This contradicts the popular ‘Big Bang’ theory that the mass of the universe is so great that eventually the force of gravity will cause it to stop expanding and collapse in a massive explosion. ‘We’ve got at least as long to go as has already gone before’ [15 miljard j.]” (Rand Daily Mail, 14/11/’83; eie toeligting).

Hierdie werk staan dus ‘n disintegrerende, of entropiése en geslote GK-model voor, soos wat die Skrif tog ook (in die voorafgaande besprekinge) baie duidelik uitspel.  Immers; Jesaja 65:17 sê dan ook dat God ‘n nuwe hemel en aarde gaan skep – en dié van tans sal totaal en al vergeet word.  Voorts sê Openbaring 21:1 – “die eerste hemel en die eerste aarde het [skoon] verdwyn”!  En as Openbaring 20:11 hierby in berekening begring word – “Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer PLEK vir hulle nie” – is dit haas onmoontlik om dié – “verdwyn” en “nie [] plek”, nie met die veelbepsroke klein oerdeeltjie te verbind nie.  Dit wil sê die skepping sal terug (in-)VAL, of verdwyn … in so ‘n deeltjie/plek, of toestand van ‘n enkelheid/niksheid.

        So eenvoudig en onweerlegbaar is die (geslote) GK-teorie – soos weerspieël en beaam word in talle Skrif se omegaprofesieë.

[D]  MAAR  wie sê nie iets soos die volgende hipotese hou water nie:  Nádat die   heelal miljarde jare bestaan het – en die aarde reeds miljoene jare, het die omskakeling – van ‘n ekspansionele heelal na ‘n inploffende heelal ingetree.  Dalk kon só ‘n gegewenheid verband hou met die opstand van Lucifer teen God.  Só ‘n proses sou egter ‘n geweldige kosmiese ontwrigting veroorsaak het – wat ook o.m. tot die uitwissing van die dinosourusse en dramatiese ekologiese omwentelinge (sg. “ystydperk”) op aarde sou gelei het.

        Weens die astronomiese afstande, is die inploffingseffek nog net nie van die aarde af waarneembaar nie.  Nog ‘n kritieke aspek oor dié strydvraag, is dat die heelal dalk nie ‘n logiese roete terug na sy oorprongpunt toe volg nie, maar by wyse van ‘n “ompad” of ‘n “spesiale proses”; of tensy die universum dalk op pad is na ‘n totaal ander … versamel-punt toe!

        Gedagte sluit soos volg by die “oop/geslote heelal”-strydvraag aan:

“As ‘n vuurpyl in die lug opgeskiet word en die krag is nie genoeg om dit uit die aarde se swaarteveld te laat ontsnap nie, val dit terug grond toe. Ons sê die vuurpyl het nie sy ontsnapsnelheid bereik nie (die aarde se ontsnapsnelheid is 11 km/sek). Dieselfde swaartekragwet wat vir die aarde en die vuurpyl geld, geld ook vir die heelal. Skiet die trosse galaksies vinnig genoeg uit mekaar om van die bande van gravitasie los te breek?

        “Dit hang van die hoeveelheid materie in die heelal af. Hoe meer materie daar is, hoe sterker is die gesamentlike gravitasieveld. As daar genoeg materie, en die swaartekrag dus sterk genoeg is, sal die uitskietende heelal gerem en teruggepluk word. Die heelal sal eindelik op homself invou en die vorm van ‘n groot bol of sfeer aanneem. Kosmoloë verskil oor die hoeveelheid materie in die heelal en of dit genoeg is om die ewige uitsetting te keer” (pp.170,171).

Die fundamentele faktor in die hele “oop/geslote”-sage is dus die kwessie van die werklike digtheid-, materie-, en gravitasiekapasiteit in die heelal – waaroor Gedagte voorts soos volg skryf (ek vertolk deels):

“Kosmoloë en fisici ontdek al meer deeltjies en materie in die heelal wat massa het. Saam kan dit geweldige bronne van gravitasie wees (hierdie ontdekkings sluit in):

1.     Swartkolke, “wat sterre wegsluk, het baie sterk gravitasievelde in hul onmiddellike omgewing.

2.     “Dwergsterre. Dit kan wees dat daar nog baie onontdekte dwergsterre is wat te dof is om waar te neem. Hierdie piepklein sterretjies is ontsettend dig en het geweldige massas.”

3.     Koue, donker materie: “Wetenskaplikes weet al jare van die bestaan van ‘donker materie’.

        Hoewel die draaiperiode van galaksies duisende jare duur, draai dit veels te vinnig om al die sterre en ander materie bymekaar te hou. Middelpuntvliedende krag behoort die sterre te verstrooi, maar dit gebeur nie. Daar moet onsigbare materie met genoeg massa in die galaksies wees om hulle hul vorm te laat behou.

4.     YI, onontdekte galaksies. Hul bestaan dui daarop dat die kosmiese leegtes miskien glad nie so leeg is nie.

5.     Neutrino’s. “Van die wonderlikste, eienaardigste en spookagtigste subatomiese deeltjies.

        [Hulle] kom baie naby daaraan om heeltemal niks te wees nie. Neutrino’s is egter die getalrykste voorwerpies in die kosmos” (pp.171-173).

Daar bestaan ook ander gegewenheid, wat fisici vermoed, ontsaglike gravitasiebronne kan bevat en dus ‘n deurslaggewende rol kan speel in die “oop/geslote”-strydvraag.  Hawking’s redeneer hieroor soos volg:  As mens ‘n voorwerp soos ‘n stuk yster genoegsaam kon saampers tot so klein soos ‘n proton, sou “selfgravitasie” oorneem.  Die drukking in die voorwerp sal voorgesit word totdat ‘n “mini-swartkolk” ontstaan.  Maar geen proses bestaan op aarde of in die sigbare heelal om so ‘n mini-swartkolk te fabriseer nie.

        Slegs met die heelbegin van die heelal het toestande aan die vereistes voldoen om sulke mini-kolke te produseer (p.66).  Dan is daar nóg ander beweerde entiteite, genaamd “magnetiese monople” wat ‘n rol kan speel in die totale digtheid- en gravitasiekapasiteit van die heelal (Hawking’s, p.83).

        Hawking sê voorts dat daar moontlik toestelle ontwerp kan word wat sal kan bepaal of die heelal “oop” of “geslote” is, maar vervolg:  “The most remarkable thing about the universe is that it is so close to the borderline between open and closed. The probabilities against it being on such a borderline are enormous. Yet it is still so close that we haven’t decide which side it is on. If it is actually sitting on the border in perfect balance, then we’ll never know” (p.96).

        Ter aansluiting in dié verband – die volgende artikel:

“‘n Opname van trosse van sterrewolke deur Nasa se Hubble-ruimteteleskoop het die verste voorwerpe opgelewer wat nog van die aarde deur die mens waargeneem is. As die afstand – en dus ouderdom – van die konstellasies van sterrewolke deur aardgebonde teleskope bevestig word, sal dit belangrike insigte lewer in hoe sterrewolke in massiewe strukture gevorm het kort na die teoretiese oerknal waarmee die universum kon begin het.

        “Dit kan ook lig werp op hoe die heelal tot sy einde kan kom. As die sterrewolke baie massief en baie ver is, kan dit daarop dui dat daar nie genoeg materie in die universum is om die universum te laat ophou uitsit nie” (Beeld, Sep. ’98).

[E]   NOU  in die lig van die meegande “oop/geslote”-strydvraag – en spesifiek       met die bg. Hawking-opmerking in gedagte:  “it is so close to the borderline between open and closed” – verskyn die volgende baie kritieke insigwekkende artikels, “(A)” en “(B)”, waarin daar veral opgelet moet word na die onderskeie datums en die spoed (km/s) wat daarby betrokke is:

(A)   (The Star, 02/04/’88): “London. – We are being dragged, it seems, across the           universe at an astonishing 400 km a second to an unknown fate.

“Scientists have only recently discovered the existence of the Great Attractor – a remote and mysterious concentration of mass that is pulling our galaxy, the Milky Way, towards it.

        “… telescopes have discovered discrepancies in the microwave radiation that is the last echo of the Big Bang. By delicately subtracting the effects of earth’s own rotation, its movement round the sun, the sun’s round the centre of the galaxy, and other effects, astronomers found these discrepancies showed that the Milky Way was behaving in an unexpected fashion.

        “Instead of hurtling across space in a straight line, our galaxy, and several other local ones, are being pulled to one side, towards a mysterious, gigantic concentration of mass.”

(B)  (The Star,  13/01/’90): “Milky Way is being pulled across space; ARLINGTON (Virginia) –

        Like an immense gravitational magnet, a vast celestial structure nicknamed ‘the great attractor’ is pulling powerfully at the Milky Way and more than 100 other galaxies, causing a dramatic distortion in the normal expansion of the nearby universe.

        “The structure has been shown in new studies to be pulling on galaxies from across more than 100 million light years of space, astronomer Alan Dressler said. Mr Dressler, who is with the Carnegie Institution of Washington, said he and Sandra Faber of the University of California at Santa Cruz have confirmed the influence of the great attractor by measuring the movements of about 400 galaxies and comparing that motion with what is considered normal for an expanding universe.

        “Mr Dressler said the gravitational pull of the great attractor has added about 600 kilometres a second to the motion velocity of the galaxies it is drawing in. [There] is evidence now that galaxies are FALLING IN from the other side …” (kontekstuele klem).

Elkeen kan vir hom-/haarself uitmaak wat die gegewens in lg. twee artikels sou impliseer.  Maar ek’s bevrees dat ‘n mens haas nie ‘n ander konsekwensie kan bereik nie, as juis dit wat in die meegaande betoog word:  dat die heelal dalk besig is om na ‘n bepaalde kernpunt toe … in te VAL.  Die implikasies in lg. artikels strook dus ook met Bybelse gegewens, van ‘n toevallende voleinding, asook die “geboortepyne”-beginsel – dat dinge in “die laaste tyd” al vinniger sal gebeur (Mark. 13:8,20; dat die Here die tyd gaan “inkort” – bv.: van 400 km/s na 600 km/s in twee jaar … and counting …!). 

        Uit die lg. artikels (en verwante Skrif) blyk dit dus onteenseglik dat die heelal toe uiteindelik tóg ‘n groter digtheid-/gravitasiekapasiteit besit as wat vermoed word …

        Uit hierdie hele bespreking van die geslote heelal (teenoor die aanhang vir ‘n oop heelal), blyk dit dat daar ‘n enorme paradoks bestaan.  Want eendersyds dui die “gees” en die “uur” waarin die wêreld verkeer (soos in die volgende hfste. besin), onteenseglik daarop dat die mensdom aan die vooraand staan van die “eindtydse wêreld-Babilon” (met ALLES, wat 7 jaar ná sy ontstaan, met Armageddon en ‘n kosmiese apokalips gaan eindig).

        Maar andersyds is die aanduidings, op die terrein van die astrofisika, van so ‘n aard dat dit blyk of die heelal/aarde nog miljarde jare gaan bestaan.

        Daarom is dit noodsaaklik om hierdie hele teenstrydigheid spesifiek ook in die lig van twee alternatiewe begrippe te evalueer, naamlik:  (a) dat dit juis – PRESIES – verwant kan wees aan Jesus se vermaninge dat Hy (totaal) ONVERWAGS sal kom – wanneer dit na die ON-moontlikste lyk (… asof Hy eers oor miljoene jare gaan kom – of dalk nooit nie; wanneer daar geen geloof meer op aarde oor is nie …); en (b) dat die voleinding ongetwyfeld dan iets sal moet bevat soos wat Schroeder huldig“But if its [universe] destruction is to come, this will not be as a NATURAL ACT. It will be as a SPECIAL force from God just as was its creation.”

        En dis die kritieke, allesbepalende gedagte te midde die hele oop/geslote sage:  OMDAT dit ‘n “special force from God” gáán wees wat die “laaste dag” gaan meebring – DAAROM gaan dit soos ‘n dief in die nag; soos ‘n weerligstraal; in ‘n oogwink – wees.  En daarom:  waak en bid dan omdat julle die dag en die uur … nié ken nie.

        Net terloops; dr. Francois Möller meld op ‘n seminaar in April ’99, Aucklandpark (AGS-kweekskool) dat die oomblik wanneer die tydlose, ongeskape en volmaakte, Driemaal-heilige Skepper sy … “in-sonde-vervalle”-skepping betree, laasgenoemde totaal sal disintegreer.  Want verganklikheid/ vervallendheid/onvolmaaktheid kán nie in die onverbloemde teenwoordigheid van dié Volmaakte bestaan nie.  Hy sal die onvolmaakte, en elke siel wat nié in Christus verborge is nie, met die asem van Sy mond verdelg. 

        (En terloops: dis ook op dié oomblik dat die één en enigste “wegraping” sal geskied; die enigste en finale beëindiging van hierdie bedeling, en die groot oordeel plaasvind, en direk daarna volg die enigste/finale nuwe hemel/aarde … die “ewige 1 000 jaar”-vrederyk).

        “Kwantumisme” voer aan dat die waarneming en intensies van die mens bepaalde fisika-verskynsels en stelsels kan bepaal/beïnvloed/wysig/genereer/ “skep” (2.2[A]; 2.3[A]).  Daarby sê gevierde kenners soos Hawking die “oop/geslote heelal”-kwessie is moontlik perfek “gebalanseerd”.  Myns insiens wag daar daarom ‘n astronomiese surprise vir die evolusioniste, asook vir die oopheelal-aanhangers (en dergelikes) –

        … die Groot Waarnemer gaan op ‘n dag (dalk nog in die nie te verre toekoms nie) die wetmatighede van die “gebalanseerde” heelal met SY alomteenwoordige waarnemingietwat wysig – dit, met SY skeppende waarneming en INTENSIES, ietwat na ‘n bepaalde, beslissende en kataklistiese kant toe laat tilt; laat oor- … hel!

        Op ‘n dag … SKIELIK!